Julius Streicher

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Julius Streicher

Julius Streicher (12 Februarie 1885 - 16 Oktober 1946) was 'n lid van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty (Nazi's). Hy was die stigter en uitgewer van die antisemitiese koerant Der Stürmer, wat 'n sentrale element van die Nazi-propagandamasjien geword het.

Sy uitgewersfirma het ook drie antisemitiese boeke vir kinders uitgereik, waaronder die Derpilpilz uit 1938 (in Engels vertaal as The Toadstool of The Poisonous Mushroom), een van die mees verspreide stukke propaganda, wat gewaarsku het oor die veronderstelde gevare wat Jode inhou met die metafoor van 'n aantreklike dog dodelike sampioen.

Die uitgewersfirma was finansieel baie suksesvol en het Streicher tot 'n multimiljoenêr gemaak. Aan die einde van die oorlog is Streicher in die Neurenberg-verhore skuldig bevind aan misdade teen die mensdom en tereggestel.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]