Junkers Ju 52

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Junkers Ju 52
Ju-Air Junkers Ju-52 in flight over Austria.jpg
Ju-Air Junkers Ju-52/3m in vlug oor Oostenryk (Julie 2013)
Tipe Bomwerper

Passersiersvliegtuig Vragvliegtuig

Vervaardiger Junkers
Nooiensvlug Oktober 1930
Status Uit diens gestel
Hoofgebruikers Luftwaffe
Suid-Afrikaanse Lugdiens

Lufthansa

Die Junkers Ju 52 is driemotorige passesiersvliegtuig wat ontwerp is vir Lufthansa. DIt is toe later ook gebruik as 'n bomwerper en vragvliegtuig wat deur die Luftwaffe gebruik tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die eerste model het net oor een motor in die neus beskik, die driemotorige model, Junkers Ju 52/3m, het bekend geraak.

Die Ju-52/3M is ook deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens gebruik tussen 1934 en 1939 waarna al vyftien vliegtuie aan die Suid-Afrikaanse Lugmag gegee is vir diens in die Tweede Wêreldoorlog [1]. Die vliegtuie is toe deur die lugmag gebruik tot die einde van de oorlog as vervoer vir vrag en troepe.

Een Ju-52/3M, alhoewel 'n Spaanse weergawe (CASA-352), is operasioneel met die Suid-Afrikaanse Lugdiens Museum in Germiston op die Oosrand.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Besonderhede van die Junkers Ju 52/3m:
Item Statistiek
Aantal motors 3
Tipe motor Skroef
Vervaardiger BMW 132T Stermotors
Kraglewering per motor 830 perdekrag
Vlerkspan 29,25 m
Lengte 18,90 m
Hoogte 4,50 m
Maks. opstyg massa 11 030 kg
Maks. snelheid 305 km/h op 2,500 m
Operasionele hoogte 5 500 m
Togafstand met maks. bomvrag

(1 000 kg.)

1 300 km
Bewapening Een 13 mm MG 131 masjiengeweer en
twee 7.9mm MG 15 masjiengewere.

Bron[wysig | wysig bron]

  1. http://www.saamuseum.co.za/our-aircraft/66-junkers-ju-52-casa-352l.html