Kaapse platanna

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kaapse platanna
Bewaringstatus

Status iucn3.1 EN af.svg
Bedreig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Amphibia
Orde: Anura
Familie: Pipidae
Genus: Xenopus
Spesie: X. gilli
Binomiale naam
Xenopus gilli
Rose & Hewitt, 1927
Annale van die Suid-Afrikaanse Museum

Die Kaapse platanna (Xenopus gilli) is padda in die Pipidae-familie wat endemies aan Suid-Afrika is. Hulle natuurlike habitat is Mediterreense struikagtige plantegroei, varswatervleie, onderbroke varswatervleie en damme. Dit word as gevolg van 'n verlies aan habitat bedreig.[1]

Die Kaapse platanna is die mees bedreigde paddaspesie in Suid-Afrika. Daar is nog net enkele poele oor waarin hulle alleen voorkom. Die veel groter gewone platanna (Xenopus laevis) baster met die kleiner Kaapse platanna en vreet hulle op. In die Kaappunt-natuurreservaat is 'n muur om 'n dam gebou om die Kaapse platanna teen die gewone platanna te beskerm.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Harrison, J., Measey, J., Tinsley, R. & Minter, L. 2004. Xenopus gilli. 2006 IUCN Red List of Threatened Species. Besoek op 23 Julie 2007.
  2. As padda wil gaan opsit met sy nooi..., Beeld, 25 Mei 1989