Kammanassieberge

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Kammanassieberge is 'n inselberg in die Klein Karoo, Wes-Kaap, suid van die Swartberg en noord van die die Outenikwaberge. Dit strek in 'n oos-wes rigting vanaf Dysselsdorp tot wes van Uniondale en is net oor die 50km lank. Die hoogste punt op die berg is Mannetjiesberg,[1] 1955.3 m bo seevlak. Die N9 nasionale pad gaan tussen die Outenikwaberge en die Kammanassieberge deur. Die Kammanassie-natuurreservaat beslaan die grootste gedeelte van die berg.

Kammanassie is 'n Khoisanwoord en beteken berg van water. Die Olifantsrivier dreineer die noorde en die Kammanassierivier die suidekant van die berg.

Flora[wysig | wysig bron]

Die Klossie-suikerbos kom op die berg voor en die Erica-spesies Erica annalis en Erica montis-hominis is ook uniek aan die berg. Die Kamanassietolbos kom net op die berg voor en is raar.

Bron[wysig | wysig bron]

  • Cape West: 2nd edition. A relief map of the most southerly part of Africa.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Koördinate: 33°38′6.73″S 22°42′26.52″O / 33.6352028°S 22.7073667°O / -33.6352028; 22.7073667