Khoisan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suider-Afrika. Vir die taalfamilie, sien gerus Khoisan-tale.
Khoisan

Totale bevolking: onbekend
Belangrike bevolkings  in: Suider-Afrika (Angola, Botswana, Namibië, Suid-Afrika)
Taal: Khoisan-tale
Geloofsoortuiging: Christene, Tradisionele Afrika-godsdiens
Verwante etniese groepe: Khoikhoi, San, Damaras en Namas

Khoisan is 'n saambindende naam vir twee etniese groepe wat in Suider-Afrika leef, die Khoikhoi en die San. Hulle deel fisiese en vermeende taalkundige eienskappe apart van die Bantoe-meerderheid van die streek.[1] Kultureel word die Khoisan verdeel in die kossoekende San of Boesman, en die Khoi, of meer spesifiek Khoikhoi, vroeër bekend as "Hottentote", wat vee mak maak. Hulle praat veral Khoisan-tale wat bekend is vir hul klikgeluide.

Die San het die inheemse bevolking van Suider-Afrika gevorm, voordat die Bantoevolke uit Sentraal- en Oos-Afrika ná die suide migreer en hul streek bereik het, wat daartoe gelei het dat die Bantoe-bevolking die Khoisan-bevolking verplaas en die oorheersende bevolking van Suider-Afrika geword het. Oor die tyd het sommige Khoi die mak maak van vee opgegee en die jagter-versamelaar-ekonomie van die San aanvaar, waarskynlik as gevolg van 'n droog klimaat, en word nou as San beskou. Eweneens het die Bantoegroep van die Damaras wat ná die suide migreer het later landbou opgegee en die Khoi se ekonomie aanvaar. Groot Khoisan-bevolkings bly in verskeie droë gebiede in die streek, veral in die Kalahari-woestyn. Die Khoisan is volgens genetiese studies die oudste nog bestaande menslike groep.[2]

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Barnard, Alan (1992) Hunters and Herders of Southern Africa: A Comparative Ethnography of the Khoisan Peoples. New York; Cambridge: Cambridge University Press, 1992.
  2. (en) Carina M. Schlebusch et al.: Genomic Variation in Seven Khoe-San Groups Reveals Adaptation and Complex African History. In : Science. Online-Vorabveröffentlichung vom 20. September 2012, doi:0.1126/science.1227721

Verdere leeswerk[wysig | wysig bron]

  • (en) Barnard, Alan (2004) Mutual Aid and the Foraging Mode of Thought: Re-reading Kropotkin on the Khoisan. Social Evolution & History 3/1: 3–21.
  • (en) Smith, Andrew; Malherbe, Candy; Guenther, Mat and Berens, Penny (2000), Bushmen of Southern Africa: Foraging Society in Transition. Athens: Ohio University Press. ISBN 0-8214-1341-4

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het media verwant aan:


Etniese groepe in Suid-Afrika Flag of South Africa.svg

AfrikanersAnglo-AfrikaneAsiateGriekwasKaapse MaleiersKhoisanKleurlingeNdebelesNoord-Sotho'sSuid-Sotho'sSwazi'sTsongasTswanasVendasXhosasZoeloes