Kanferbos
Voorkoms
Kanferbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | T. camphoratus
|
Binomiale naam | |
Tarchonanthus camphoratus |
Die kanferbos (Tarchonanthus camphoratus) is 'n boom wat voorkom aan die kuslyn van Suid-Afrika. Die boom staan ook bekend as die vaalbos of smalblaarkanferbos.
Kenmerke
[wysig | wysig bron]Dit word tussen 2 – 9 m groot. Die boom se bas is lig van kleur met diep groewe in die lengte. Die blare is leeragtig met 'n dowwe grysgroen aan die bokant en bleekgrys aan die onderkant. Indien die blare gekneus word gee dit 'n kanfergeur af. Die blomme en sade is oortrek met wit hare.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die boom groei in duine, woudrande tot op hoë hoogtes. Die hout is swaar en word gebruik vir die maak van musiekinstrumente en meubels.
Bronne
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Tarchonanthus camphoratus. |
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8