Katdoring

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Katdoring
Ook: Katstert, Asparagus setaceus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Magnoliophyta
Klas: Liliopsida
Orde: Asparagales
Familie: Asparagaceae
Genus: Asparagus
Spesie: A. setaceus
Binomiale naam
Asparagus setaceus
(Kunth) Jessop

Die katdoring of katstert (Asparagus setaceus) is ’n varingagtige rankplant in die genus Asparagus.[1] Hoewel die plant soos ’n varing lyk, is dit nie regtig een nie.[2] Soos die naam aandui, is dit eintlik ’n aspersiesoort.

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Dit is inheems aan Suider-Afrika en word elders as ’n sierplant gegroei. Sy naam kom van die Latynse woord saeta ("hare" of "borsel").[3]

Asparagus setaceus is ’n meerjarige plant met ’n sterk, groen stam wat ’n paar meter lank kan word. Die blare is eintlik blaaragtige sytakkies van tot 7 mm lank wat in bondels van tot 15 per stam voorkom, en dit gee daaraan ’n sagte, groen, varingagtige voorkoms. Die klein, groenwit, klokvormige blomme kom voor van die lente tot die herfs en is sowat 0,4 cm lank. Dit word gevolg deur klein, groen bessies wat later swart word.[4] A. setaceus 'Nanus' is ’n digter dwergkultivar.

Die katdoring word dikwels as ’n tuin- of huisplant gegroei. Die fyn blare word ook in rangskikkings gebruik. Dit is baie gehard en daarom het dit in sekere streke ’n indringerplant geword.[5][6]

Probleme[wysig | wysig bron]

Die bessies is giftig en kan nie geëet word nie. As die plant se naalde afval, is die plek waar dit staan te koud. Dopluise en rooispinmyt kan voorkom.[7]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Asparagus setaceus (Kunth) Jessop". Plants Profile. United States Department of Agriculture Natural Resources Conservation Service. 2006-10-01. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2006. Verkry op 2006-10-01. 
  2. Zachos, Ellen (2005). Tempting Tropicals: 175 Irresistible Indoor Plants. Timber Press. p. 112. ISBN 0-88192-732-5. 
  3. Simpson DP (1979). Cassell's Latin Dictionary, 5, London: Cassell Ltd.. ISBN 0-304-52257-0. 
  4. Climbing Asparagus
  5. NSW North Coast Weeds Advisory Committee (2004). "Asparagus (Climbing) (Asparagus plumosus)". Bushland Friendly Nursery Scheme website. Bushland Friendly Nursery Scheme. Verkry op 2009-07-29. 
  6. Sonia Jordan (2007). "Feathered asparagus fern". Queensland Gov't website. State of Queensland (Primary Industries and Fisheries within the Department of Employment, Economic Development and Innovation). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2009. Verkry op 2009-07-29. 
  7. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]