Kenneth Mopeli

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Tsiame Kenneth Mopeli (20 September 1930 - 1 Oktober 2014) was die Hoofminister van die Suid-Afrikaanse tuisland QwaQwa.

Mopeli is in Namahadi gebore en het sy BA (Hons) in 1954 aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) verwerf. Daarna was hy 'n onderwyser en het as radio-omroeper by die SAUK gewerk voordat hy 'n lid geword het van die QwaQwa Gebiedsowerheid.

Mopeli het die Dikwankwetla Party gestig wat 'n oorwinning in die QwaQwa-verkiesings van 19 Mei 1975 behaal het. Hy het gevolglik die eerste Hoofminister van QwaQwa geword. Mopeli het die tuisland regeer totdat QwaQwa in April 1994 weer by Suid-Afrika ingelyf is.