Phuthaditjhaba

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Phuthaditjhaba
Witsieshoek
Mandela park shopping centre.jpg
Ligging van Phuthaditjhaba op 'n kaart (Vrystaat)
Phuthaditjhaba
Phuthaditjhaba
 Phuthaditjhaba se ligging in Vrystaat
Koördinate: 28°32′S 28°49′O / 28.533°S 28.817°O / -28.533; 28.817Koördinate: 28°32′S 28°49′O / 28.533°S 28.817°O / -28.533; 28.817
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distrik Thabo Mofutsanyana
Munisipaliteit Maluti-a-Phofung
Oppervlak[1]
 - Dorp 23,83 km²  (9,2 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 54 661
 - Digtheid 2 294/km² (5 941,4/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Blank 0.1%
 • Indiër/Asiër 0.5%
 • Kleurling 0.2%
 • Swart 99.0%
 • Ander 0.2%
Taal (2011)[1]
 • Sotho 88.8%
 • Zoeloe 4.4%
 • Ander 3.3%
 • Engels 2.0%
 • Gebaretaal 1.5%
Poskode (strate) 9866
Poskode (posbusse) 9869
Skakelkode(s) 058

Phuthaditjhaba (voorheen: Witsieshoek) is 'n dorp in die Vrystaat, Suid-Afrika en is in die bergagtige dele van die Oos-Vrystaat geleë. Die dorp was die hoofstad van die Basoetogebied bekend as QwaQwa, een van die ses voormalige selfregerende swart tuislande wat deur die Nasionale Partyregering daargestel is.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die naam Witsieshoek verwys na die hoofman genaamd Witsie (met wisselvorme van Whetsi, Wetsi of Witsie) wat die oorblyfsels van sy Makholostam in die bergagtige dele van die Vrystaat gevestig het in die 1830's. Hulle het gevlug voor die Matabeles van Silkaats en in die proses al hul vee verloor. Die Makholes het vee van die Voortrekkers gesteel en in 1856 het hulle gevlug voor 'n strafekspedisie van die Boere. Hulle het skuiling gesoek in 'n grot, suidwes van Phuthaditjhaba. Die grot staan steeds as Wetsi se grot bekend. Die gebied was ook die tuiste van twee Suid-Sothostamme, naamlik die Mopeli en die Batlokwa, en het in die 1860’s en 1870’s toestemming van die regering van die Oranje-Vrystaat gekry om hulle daar te vestig. Die NG Kerk het in 1874 'n sendingstasie by Witsieshoek geopen.

Omgewing[wysig | wysig bron]

Van die hoogste pieke in Suid-Afrika, onder andere Mont-aux-Sources, is in die berge bo Witsieshoek geleë. Die Oranje- en Tugelariviere ontspring naby Mont-aux-Sources en daar is ook 'n oord, 2 100 m bo seevlak.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Phuthaditjhaba”. Sensus 2011.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]