Klaus Schulze

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Klaus Schulze
Schulze and Gerard 01.jpg
Klaus Schulze saam met die Australiese sangeres Lisa Gerrard in 2009
AliasRichard Wahnfried
Geboorte(1947-08-04)4 Augustus 1947
Berlyn, Duitsland
Beroep(e)Komponis, Instrumentalis en platevervaardiger
Genre(s)Elektroniese musiek (Berlynse Skool), ambient-musiek
Instrument(e)Klawerbord, sintetiese klavier, sekwenseerder, kitaar, baskitaar, slagwerk, stem
Aktiewe jare1969–hede
EtiketteOhr, Brain/PolyGram, Virgin, Metronome, Manikin Records, Island, IC, Inteam, ZYX, WEA, Rainhorse, Synthetic Symphony, FAX
Webwerfklaus-schulze.com
AssosiasiesTangerine Dream, Ash Ra Tempel, The Cosmic Jokers
Portal.svg Musiekportaal

Klaus Schulze (ook bekend onder sy pseudoniem Richard Wahnfried; * 4 Augustus 1947 in Berlyn) is 'n Duitse komponis, musikus en vervaardiger. Hy word as 'n belangrike verteenwoordiger van elektroniese musiek en wegbereider van die sogenaamde Berlynse Skool beskou, 'n stylrigting in die elektroniese musiekgenre wat vanaf die middel van die 1970's in die destydse Wes-Berlyn ontwikkel het. Schulze was 'n tyd lank lid van sommige van die voorste musikgroepe binne hierdie skool (Tangerine Dream, Ash Ra Tempel en The Cosmic Jokers) voordat hy 'n sololoopban begin het. Oor 'n tydperk van vyf dekades het meer as 60 albums ontstaan.