Koraalslangagtiges

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Elapidae
'n Egiptiese kobra
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
Klas: Reptilia
Orde: Squamata
Suborde: Serpentes
Infraorde: Alethinophidia
Familie: Elapidae
F. Boie, 1827
Subfamilie: Elapinae
Hydrophiinae

Die koraalslangaftiges (Elapidae) is 'n familie van slange.[1] Die familie omvat ongeveer 350 spesies wat sonder uitsondering almal giftig is. Hulle kom in tropiese en subtropiese gebiede oor die wêreld voor, en word selfs in die Indiese en Stille Oseaan aangetref. Een van hulle kenmerke is die hol, vaste slagtande waardeur hulle gif spuit. Van die slange is so kort as 18 cm (Drysdalia), maar ander (soos die koningkobra) kan tot 6 meter lank word.

Seeslange is aanvanklik as 'n aparte familie gesien (Hydrophiidae), maar tans word die groep as 'n subfamilie van die koraalslangaftiges beskou.

Taksonomie[wysig | wysig bron]

Die koraalslangaftiges word in twee subfamilies en tientalle genera ingedeel:

Familie koraalslangaftiges (Elapidae)
Subfamilie seeslange (Hydrophiinae)

Subfamilie Elapinae

Sien ook[wysig | wysig bron]

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Elapidae

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Peter Uetz & Jakob Hallermann. “The Reptile Database - Elapidae”.