Reptiel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Reptilia)
Spring na: navigasie, soek
Reptiele
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
Klas: Reptilia
Laurenti, 1768
Subklasse

Reptiele (lede van die klas Reptilia) is asemhalende, koudbloedige gewerweldes wat se vel met skubbe gedek is en nie hare of vere nie. Moderne reptiele kan op elke kontinent behalwe Antarktika aangetref word.

Groen: wat tradisioneel tot die reptiele gereken word is parafileties

Taksonomie[wysig | wysig bron]

Die taksonomie van hierdie groep lyk indien mens die huidige verteenwoordigers bekyk taamlik duidelik. Die skilpaaie, krokodille, slange en akkedisse het seker gemeenskaplike eienskappe wat hulle onderskei van die ander gewerweldes. Hulle het skubbe pleks van hare (soos soogdiere) of vere (soos voëls), hulle is koudbloedig pleks van warmbloedig soos soogdiere en voëls. In teenstelling tot die (meeste)[1] amfibieë het hulle 'n geskubde huid en lê hulle eiers met 'n skaal en 'n vlies wat amnion genoem word, hoewel daar van die slange is wat lewendbarend is. Die huidige reptiele is dus Amniota: diere met 'n amnion en deur hierdie vlies het hulle vermag heeltemal op die land te leef.

Maar indien die fossiele geskiedenis bekyk word, stam ook die soogdiere (en hul voorsate die Synapsida en terapside) en die voëls (Aves) van die eerste Amniota af. Die tradisionele klasse Reptilia is dus parafileties. Dit word dalk deur soöloë steeds gebruik, maar nie deur paleontoloë nie.

Die huidige reptiele[wysig | wysig bron]

Die huidige reptiele kan in ses groepe verdeel word:

  • Die Testudines – die skilpaaie, ongeveer 340 verskillende spesies, wat in 14 families ingedeel word
  • Die Squamata – die skubreptiele wat bestaan uit:
    • Die Lacertilia – die akkedisse, met meer as 5000 spesies
    • Die Amphisbaenia – die wurmakkedisse, met 16 families en ongeveer 180 spesies
    • Die Serpentes – die slange met ongeveer 3140 spesies
  • Die Rhynchocephalia – wat net een verteenwoordiger het in Nieu-Seeland, die brugakkedis
  • Die Crocodilia – die krokodilagtiges met 25 spesies

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Visse het reeds skubbe gehad, die meeste huidige amfibieë het dit verloor, maar van die wurmsalamanders en die reptiele het dit behou.

Eksterne Skakels[wysig | wysig bron]