Gaan na inhoud

Kraftwerk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kraftwerk
Kraftwerk in lewende lywe in 2008 in Kiëf, Oekraïne
Agtergrondinligting
OorsprongDüsseldorf, Duitsland
GenresElektroniese popmusiek, krautrock, avantgarde, dansmusiek, eksperimentele musiek, synthpop
InstrumenteStem, vocoder, synclavier, orrel, tubon, viool, elektroniese slagwerk, fluit, bas, tjello, kitaar, slagwerk
Jare aktief1970 — hede
EtiketteKling Klang, EMI, Astralwerks, Elektra, Warner Bros., Capitol, Vertigo, Philips
AssosiasiesOrganisation, Neu!
Webwerfkraftwerk.com
LedeRalf Hütter
Fritz Hilpert
Henning Schmitz
Stefan Pfaffe
Gewese ledeFlorian Schneider
Houschäng Néjadepour
Plato Kostic-Riviera
Peter Schmidt
Charly Weiss
Thomas Lohmann
Eberhard Kranemann
Andreas Hohmann
Klaus Dinger
Michael Rother
Emil Schult
Wolfgang Flür
Klaus Röder
Karl Bartos
Fernando Abrantes

Kraftwerk (Duits: "kragsentrale") is 'n Duitse musiekprojek en musiekgroep wat deur Ralf Hütter (* 1946) en Florian Schneider (1947−2020) in 1970 in Düsseldorf gestig en steeds aktief is.

Kraftwerk het danksy sy baanbrekerswerk op die gebied van elektroniese popmusiek internasionale bekendheid verwerf en in die 1970's en vroeë 1980's belangrike invloed op musiekstyle soos synthie-pop, electro-funk of Detroit Techno uitgeoefen. Die Amerikaanse dagblad New York Times het na die groep in 1997 as die "Beatles van elektroniese dansmusiek" verwys.[1]

In sy musiek verbind Kraftwerk drywende, herhalende ritmes met pakkende melodieë en 'n minimalistiese, suiwer elektroniese instrumentalisasie. Die groep se eenvoudige lirieke word soms deur 'n vocoder voorgedra of deur teks-tot-spraaksagteware gegenereer.

Diskografie

[wysig | wysig bron]
  • Kraftwerk (1970)
  • Kraftwerk 2 (1972)
  • Ralf und Florian (1973)
  • Autobahn (1974)
  • Radio-Activity (1975)
  • Trans-Europe Express (1977)
  • The Man-Machine (1978)
  • Computer World (1981)
  • Electric Café (1986)
  • Tour de France Soundtracks (2003)

Verwysings

[wysig | wysig bron]