Kristiansand
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Noorweë |
Provinsie (Fylke) | Agder |
Koördinate | 58°9′N 08°0′O / 58.150°N 8.000°O |
Stigting | 1641 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 428,21 vk km |
Hoogte bo seevlak | m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2022) | 115 569[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 270/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 155 648 |
- Taalvorm | Onsydig |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde seeklimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 7,6 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 0,2 / 16,6 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 1381,5 mm |
Burgemeester | Mathias Bernander (H) |
Amptelike webwerf | kristiansand.kommune.no |
Kristiansand (Noors: [kristianˈsan], ; voorheen Christian(s)sand)[2] is die sesde grootste stad in Noorweë ná Oslo, Bergen, Trondheim, Stavanger en Bærum met 'n oppervlakte van 428,21 vierkante kilometer en 'n bevolking van 115 569 (soos op 31 Desember 2022).
Kristiansand lê langs die Noordseekus in die suidweste van Noorweë in die Suid-Noorse provinsie (fylke) Agder en vorm 'n stedelike munisipaliteit (kommune). Dit is veral bekend as 'n belangrike hawestad vir veerbote en 'n gewilde vakansiebestemming vir Noorweërs. Daarbenewens is die stad somers 'n bedrywige plesierbootbestemming.
Kristiansand beskik oor 'n strategies belangrike ligging langs die Skagerrak en reeds in 1555 is onder die Deens-Noorse koning Christiaan III bevestigings opgerig. In 1641 het sy kleinseun Christiaan IV Kristiansand amptelik gestig. Uit dié tydperk dateer die stad se reghoekige straatrooster, Kvadraturen genoem. Die Domkerk van Kristiansand is een van die grootste in Noorweë.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (no) "De 10 største byene, tettstedene og kommunene i Norge". Statistiek Noorweë. 5 Januarie 2023. Besoek op 10 Mei 2024.
- ↑ (no) "Kristiansand eller Christianssand?". NRK. 3 Februarie 2012. Besoek op 10 Mei 2024.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kristiansand.
- (en) Toerisme-inligting oor Kristiansand op Wikivoyage
- (no) Amptelike webwerf
- (en) "Kristiansand". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Mei 2024.