kykNET NOU!
Voorkoms
kykNET NOU! | |
---|---|
Gestig | 13 Oktober 2012 |
Netwerk | DStv |
Eienaar | M-Net |
Beeldformaat | 16:9 (576i, SDTV) 1080i (HDTV) |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Uitsaaiarea | Suider-Afrika |
Susterkanale | kykNET |
Webtuiste | kyknet.dstv.com |
DStv | kanaal 146 |
kykNET NOU! is 'n Afrikaanse TV-kanaal wat gewilde musiekvideo's speel en leefstyl- en geselsprogramme vertoon. Die kanaal is deel van M-Net en word op MultiChoice se DStv-satelliettelevisiediens uitgesaai. Dit is op 13 Oktober 2012 op kanaal 146 geloods as kykNET Musiek. Dit het egter op 3 Augustus 2015 van naam verander na kykNET NOU![1] toe waar die programme aansienlik uitgebrei is en ook nie net meer Afrikaanse musiek is gewys nie.
In teenstelling met die Afrikaanse MK-kanaal, wat "rock"- en "urban"-musiek vir die jeugmark uitsaai, fokus kykNET NOU! musiekprogramme op die populêre musiekmark. Gewilde musieksterre soos Kurt Darren, Juanita du Plessis en Bobby van Jaarsveld kan hierop gesien word.[2]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "kykNET Musiek rebranded as kykNET NOU!" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2018. Besoek op 21 Desember 2015.
- ↑ "kykNET Musiek op jou kassie". Sarie. November 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2013. Besoek op 22 November 2012.