13 Oktober
Voorkoms
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
13 Oktober is die 286ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (287ste in skrikkeljare). Daar volg nog 79 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1307 – Duisende lede van die Tempelridders word gelyktydig deur agente van Filips IV van Frankryk in hegtenis geneem en daarna gemartel om skuld aan kettery te beken. Daar word beweer dat dié gebeurtenis op Vrydag 13 Oktober 1307 die oorsprong is van die berugte 'Vrydag die 13de', 'n dag sinoniem met slegte geluk.
- 1383 – Karel III van Napels neem Pous Urbanus VI gevange en hou die pous aan in die burg Nocera.
- 1534 – Pous Paulus III volg Pous Clemens VII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1716 – In Stellenbosch veroorsaak vloedwaters groot skade in die dorp.
- 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Beleg van Mafikeng begin by die dorp Mafeking (nou Mafikeng) in Suid-Afrika.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Onder leiding van ’n nuwe regering met Generaal Pietro Badoglio aan die hoof, begin dele van Italië om aan die Geallieerdes se kant te veg ná ’n oorlogsverklaring teen Nazi-Duitsland, Japan en Noord-Italië.
- 1977 – Lufthansa vlug LH181 – ook bekend as die "Landshut", ’n Boeing 737-200 – word deur die Rote Armee Fraktion gekaap tydens ’n vlug vanaf Palma de Mallorca (Spanje) na Frankfurt am Main (Duitsland). Die kaping vorm deel van ’n reeks gebeure wat bekend staan as die Duitse Herfs.
- 1994 – Mosaic Netscape 0.9, kort daarna bekend as Netscape Navigator, word vrygestel. Dit word ’n prominente produk in die geskiedenis en ontwikkeling van webblaaiers.
- 2005 – Die Breezy Badger-uitgawe van Ubuntu Linux word vrygestel.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1891 – Irene Rich, Amerikaanse aktrise († 1988).
- 1925 – Margaret Thatcher, Britse politikus en staatsvrou, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk († 2013).
- 1930 – Paul Kent, Amerikaanse akteur († 2011).
- 1938 – Dalene Matthee, Afrikaanse skryfster († 2005).
- 1938 – Christel Bodenstein, Duitse aktrise († 2024).
- 1947 – Lionel Peterson, Suid-Afrikaanse gospelsanger en evangelis († 2022).
- 1952 – Clive Sands, Olimpiese naelloopatleet uit die Bahamas.
- 1955 – Ertjies Bezuidenhout, Suid-Afrikaanse fietsryer († 2012).
- 1962 – Kelly Preston, Amerikaanse aktrise († 2020).
- 1973 – Sacha Baron Cohen, Britse akteur.
- 1973 – Greg Albertyn, Suid-Afrikaanse motorfiets-veldrenjaer.
- 1989 – Alexandria Ocasio-Cortez, Amerikaanse politikus.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 54 – Claudius, vierde Romeinse keiser in die Julies-Claudiese geslagslyn (* 10 v.C.).
- 1901 – Jan Lambrecht Domien Sleeckx, Vlaamse skrywer (* 1818).
- 1913 – Lindsay Eddie, Suid-Afrikaanse amateur-sterrekundige (* 1845).
- 1917 – Florence La Badie, Amerikaanse pionier aktrise (* 1888).
- 1928 – Prinses Dagmar van Denemarke, Deense prinses en later keiserin Maria Fjodorowna van Rusland (* 1847).
- 1968 – Bea Benaderet, Amerikaanse aktrise (* 1906).
- 1979 – André van Gyseghem, Engelse akteur en teaterdirekteur (* 1906).
- 2001 – Prof. Louis Eksteen, Afrikaanse leksikograaf (* 1930).
- 2002 – Stephen E. Ambrose, Amerikaanse geskiedkundige en biograaf van twee voormalige V.S. presidente (* 1936).
- 2002 – Garfield Todd, 'n eerste minister van Suid-Rhodesië (* 1908).
- 2009 – Hendrik Witbooi, Namibiese politikus en die sewende kaptein van die ǀKhowesin-stam (* 1934).
- 2016 – Bhumibol Adulyadej, koning van Thailand (* 1927).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 13 Oktober. |