Lachenalia nardousbergensis
Voorkoms
Lachenalia nardousbergensis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. nardousbergensis
|
Binomiale naam | |
Lachenalia nardousbergensis G.D.Duncan, (2006)
|
Lachenalia nardousbergensis is 'n meerjarige blomdraende plant en geofiet en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom voor vanaf die Bokkeveldberge-eskarp vanaf Nieuwoudtville, suidwaarts tot by die Nardousberge en die noordelike Sederberg. Daar is ook 'n geïsoleerde populasie op die noordelike punt van die Piketberg. Die plant word bedreig deur die aanplant van rooibostee veral om Nieuwoudtville en onbeskermde gebiede van die Sederberg.