Lawrence M. Krauss

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Lawrence Maxwell Krauss
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Krauss by Gent Universiteit in 2013

Gebore 1954
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Vlag van Kanada Kanada
Beroep Skrywer, fisikus

Lawrence Maxwell Krauss (gebore in 1954) is 'n Amerikaans-Kanadese teoretiese fisikus, kosmoloog en professor in die Skool van Aarde en Ruimte Eksplorasie by Arizona Staats-universiteit (ASU), en 'n voormalige professor by Yale-universiteit en die Case Western Reserve Universiteit. Hy het die ASU se Origins Project gestig om fundamentele vrae oor die heelal te ondersoek, en het tot Julie 2018 as direkteur van die projek gedien.[1] Die ASU het in antwoord op bewerings van seksuele wangedrag deur Krauss 'n ondersoek van stapel gestuur. Toe dit vasgestel is dat Krauss die universiteit se beleid oortree het, het hulle hom van sy posisie as direkteur verwyder.[2][3] Krauss het voortgegaan as professor by ASU, en het Mei 2019 van die posisie afgetree. In Januarie 2019 was dit aangekondig dat hy President van die Origins Project Stigting geword het[4], 'n nie-winsgewende organisasie wat openbare geleenthede op wetenskap, kultuur en die samelewing sowel as ander opvoedkundige geleenthede sal aanbied. Hy sal ook 'n nuwe Origins potgooi aanbied.

Hy is 'n voorstander van die openbare begrip van wetenskap, van openbare beleid gebaseer op grondige empiriese data, van wetenskaplike skeptisisme en van wetenskaplike opvoeding. Krauss is 'n ateïs , en is derhalwe, in lyn met sy spesifieke oortuigings, toegewyd daaraan om die invloed te verminder van dit wat hy beskou as bygelowigheid en religieuse dogma in populêre kultuur.[5]

Krauss is die outeur van verskeie topverkoper boeke, insluitende The Physics of Star Trek (1995) en A Universe from Nothing (2012), en was voorsitter van die Bulletin of the Atomic Scientists se Raad van Borge.

Notas[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "About The Origins Project". origins.asu.edu. Arizona State University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2018-07-31. Besoek op 2018-08-13.
  2. "Lawrence Krauss replaced as director of The Origins Project". The Arizona State Press. Besoek op 2018-08-04.
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Meredith2018
  4. admin. "People – The Origins Project Foundation" (in Engels). Besoek op 2019-04-13.
  5. (June 1, 2010) “Faith and Foolishness: When Religious Beliefs Become Dangerous”. Scientific American. Besoek op 31 Maart 2014.