Leeukop

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Leeukop
Lions Head & Signal Hill wza.jpg
Leeukop en Seinheuwel soos vanaf Tafelberg gesien.
Ligging: Wes-Kaap, Suid-Afrika
Hoogte: 669 meter
Koördinate: 33°56′S 18°23′O

Leeukop is 'n kop in Kaapstad, Suid-Afrika, wat tussen Tafelberg en Seinheuwel geleë is. Die kop is 669 meter (2,195 voet) bokant seevlak. Die piek skep 'n dramatiese agtergrond vir Kaapstad en is deel van die Tafelberg Nasionale Park.

Omgewing[wysig | wysig bron]

Kaapstad se voorstede omring die kop aan bykans alle kante, maar streng beheer deur die munisipaliteit het voorkom dat huise teen die hoër hange gebou word. Die gebied is van besondere belang vir die Kaapse Maleiergemeenskap, wat histories in die Bo-Kaap naby Leeukop gewoon het. 'n Aantal geskiedkundige grafte en tempels (kramats) van Maleise leiers is op die laer hange geleë.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

In die 17de eeu het die Nederlanders die kop Leeuwen Kop gedoop, terwyl Seinheuwel as die Leeuwen Staart (die Leeu se stert) bekend was. Die Engelse het in die 17de eeu na die kop as Sugar Loaf verwys.[1][2]

Leeukop soos vanaf Seinheuwel gesien.

Aktiwiteite[wysig | wysig bron]

Leeukop is bekend vir sy skouspelagtige uitsig oor die stad, en die uur lange klim na die kruin is veral gewild tydens volmaan.[1] Die hange is ook gewilde afspringpunte vir hangswewers.

Toeriste ontspan op Leeukop.

Geologie, flora en fauna[wysig | wysig bron]

Die boonste deel van die piek bestaan uit platliggende Tafelberg-sandsteen en die laer hange is gevorm deur die Kaapse graniet en die Malmesbury-formasie, wat ouer prekambriese rotse is. Leeukop is bedek met Fynbos (inheemse Kaapse plantegroei) met 'n buitengewoon ryk biodiversiteit wat 'n verskeidenheid van kleiner diere ondersteun.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Lion's Head: Full Moon Hike”. Cape Town Magazine. URL besoek op 2006-12-24.
  2. Burman, Jose (1991). The Table Mountain Book. Human & Rousseau.