Lepelaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Lepelaar
Loeffler.jpg
'n Lepelaar in die Neurenberg-dieretuin.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. leucorodia
Binomiale naam
Platalea leucorodia
Linnaeus, 1758
Platalea leucorodia.PNG
Verspreiding van die lepelaar in Europa.

'n Lepelaar (Platalea leucorodia) is 'n voëls in die familie van ibisse en lepelaars (Threskiornithidae). Hierdie voëls is heeltemal wit en word ongeveer 80 tot 93 cm lank. Die verlengde kopvere vorm 'n bosagtige kuif. Hulle kan aan hulle swart, spatelvormige snawels met die geel voorpunt uitgeken word.

Lepelaars is betreklike groot waadvoëls met lang pote en lang snawels wat in ʼn spatelvormige punt eindig. Van die 6 spesies van die subfamilie, wat wêreldwyd in warm dele aangetref word, kom een, Platalea alba, in Suider-Afrika by binnelandse damme en riviere voor.

Indeling en bou[wysig | wysig bron]

Wat voorkoms en gedrag betref, toon lepelaars baie ooreenkomste met ibisse (familie Threskiornithidae). Hoewel daar ornitoloë is wat lepelaars in 'n eie familie (Plataleidae) indeel, beskou die meeste wetenskaplikes lepelaars as 'n subfamilie (Plataleidae) van ibisse omdat die belangrikste verskil, die spatelvormige snawel, nie by lepelaarkuikens voorkom nie. Kuikens wat pas uitgebroei is, het ibisagtige snawels.

Ander verskille is dat lepelaars se pote langer is as die van ibisse en dat die meeste soorte spierwit is. Van die 6 verskillende spesies kom 1 in Eurasië en Noord-Afrika voor, 1 in Oos-Asië, 2 in Australië, 1 in Amerika en 1 in Suider-Afrika. Die Amerikaanse spesie (Ajaia ajaja) verskil van die ander deurdat sy algemene kleur nie wit is nie, maar helderpienk. Die Suider-Afrikaanse lepelaar (Platalea alba) is sowat 90 cm lank en spierwit met 'n kuif op die agterkop. Die snawel en pote is rooierig.

Gedrag[wysig | wysig bron]

Die Suider-Afrikaanse lepelaar word oral in die gebied, behalwe in baie droë streke, by binnelandse damme en riviere aangetref. Hulle wei gewoonlik in klein groepe in vlak water. Die stapelkos is klein waterdiertjies en dit word verkry deur water met die snawel te skep en dan te sif deur die koppe ritmies heen en weer te beweeg.

Wanneer lepelaars slaap, staan hulle op een been met die kop tussen die skouervere. Hulle vlieg in formasie met uitgestrekte nekke en pote. Lepelaars broei saam met ibisse en ander waadvoëls in kolonies, maar hou hulle eenkant.

Die 2 tot 3 eiers is wit en gespikkel en word in 'n vlak nes van riete of ander waterplante gelê. Die broeityd strek van April tot Desember.

Ander name[wysig | wysig bron]

  • Engelse naam: Common Spoonbill
  • Wetenskaplike naam: Platalea Leucorodia

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]