Lughawe Londen-Gatwick

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Lughawe Londen-Gatwick
London Gatwick, 19 April 2011 - Flickr - PhillipC.jpg
IATA: LGWICAO: EGKK
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar Ivy Holdco Limited
Operateur Gatwick Airport Limited
Bedien Londen, Verenigde Koninkryk
Ligging Crawley, Wes-Sussex
Spil vir British Airways
Hoogte bo seevlak 203 vt / 62 m
Koördinate 51°08′50″N 0°11′25″W / 51.14722°N 0.19028°W / 51.14722; -0.19028Koördinate: 51°08′50″N 0°11′25″W / 51.14722°N 0.19028°W / 51.14722; -0.19028
Webtuiste http://www.gatwickairport.com/
Landkaart
LGW is geleë in Engeland
LGW
Ligging in Engeland
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
08L/26R 2 565 Teer/beton
08R/26L 3 316 Teer/beton
Statistieke (2012)
Passasiers 35 428 548
Passasierverskil 12-13 Green Arrow Up Darker.svg 3,5%
Lugbewegings 250 520
Bewegingsverskil 12-13 Green Arrow Up Darker.svg 1,4%
Bron: VK-lugvaartinligtingspublikasie by NATS[1]
Statistiek van die VK Burgerlugvaartowerheid [2]

Lughawe Londen-Gatwick (IATA:LGW, ICAO:EGKK) is 5 km noord van Crawley, Wes-Sussex [1] en 47,5 km (29,5 myl) suid van Londen-sentraal geleë.[3] Dit is Londen se tweede grootste internasionale lughawe en die tweede besigste gemeet aan totale passasiersverkeer in die Verenigde Koninkryk, naas Heathrow. [4] Verder is Gatwick Europa se voorste lughawe vir punt-tot-punt vlugte en het die wêreld se besigste enkelgebruik-aanloopbaan met 'n maksimum van 55 vliegtuigbewegings per uur. [5]

Die Noord- en Suidterminale strek oor 'n gebied van 98 000 m2 en 160 000 m2 onderskeidelik. [6] In 2013 het 35,4 miljoen passasiers gebruik gemaak van Gatwick. [7]

Vanaf 1978 tot 2008 het baie vlugte ná en van die Verenigde State Gatwick gebruik as gevolg van beperkings op die gebruik van Heathrow tussen die Verenigde Koninkryk en die VSA, soos geïmplementeer in die Bermuda II-ooreenkoms. [8] US Airways, Gatwick se laaste oorblywende Amerikaanse draer, beëindig hul diens vanaf die lughawe op 30 Maart 2013. [9] Dit laat Gatwick sonder 'n geskeduleerde Amerikaanse lugredery vir die eerste keer in meer as 35 jaar. [10] Die lughawe dien tans as basis vir geskeduleerde operateurs soos Aer Lingus, British Airways (BA), EasyJet, Monarch Airlines, Norwegian Air Shuttle en Virgin Atlantic, asook Thomas Cook Airlines en Thomson Airways.

Gatwick is uniek onder Londen se lughawens met 'n beduidende teenwoordigheid uit elk van die drie belangrikste lugrederybesigheidsmodelle: volle diens (33%), laekoste/geen fieterjasies (55%) en huurvlugte (11%).[11]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (en) London Gatwick – EGKK”. Nats-uk.ead-it.com. URL besoek op 30 Maart 2014.
  2. (en) CAA: Jaarlikse VK-lughawestatistiek”. VK Burgerlugvaartowerheid. URL besoek op 30 Maart 2014.
  3. (en) Just where are our airports?”. Channel 4 News: 18 Augustus 2009. URL besoek op 15 Augustus 2010.
  4. (en) At a glance”. Gatwick Airport: 2014. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  5. Anderson, Steve (16 September 2013). “How Gatwick broke its own world record”. NATS. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  6. Feite en statistiek”. Gatwick Airport: 2014. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  7. London-Gatwick verkeervolume vir Desember 2013”. London Gatwick Airport: 13 Januarie 2014. URL besoek op 15 Januarie 2014.
  8. Bermuda 2 initialled, Air Transport”. Flight International. pp. 5 2 Julie 1977. URL besoek op 15 Augustus 2010.
  9. "US Airways Announces Schedule for Charlotte to London Heathrow Service and Opens Flights for Sale". US Airways. 17 Desember 2012. Besoek op 18 Desember 2012. 
  10. Braniff History – Braniff History Time Line: 1978”. clippedb.org (The Association of Former Braniff Flight Attendants). URL besoek op 18 Desember 2012.
  11. Our vision for Gatwick, 1.12, 1 Introduction, Gatwick Interim Master Plan”. (PDF) Oktober 2006. URL besoek op 15 Augustus 2010.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.