Lys van Staatspresidente van die Zuid-Afrikaansche Republiek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Hier volg 'n lys van die Staatspresidente van die Zuid-Afrikaansche Republiek, waarna ook as die Transvaal Republiek verwys is deur die Britse Owerhede.

Staatspresidente van die Zuid-Afrikaansche Republiek (1857–1902)[wysig | wysig bron]

# President Portret Ampstermyn Notas
1 Marthinus Wessel Pretorius
Marthinus Wessel Pretorius.jpg
6 Januarie 1857 –
15 September 1860
1ste Staatspresident van die Uitvoerende raad van die Zuid-Afrikaansche Republiek
Johannes Hermanus Grobler
Coat of arms of the South African Republic.svg
15 September 1860 –
6 Desember 1860
Waarnemende President van die Uitvoerende raad van die Republiek en ontsetel deur Schoeman
Burgeroorlog, nadat Schoeman weier om Grobler te erken (1861–1864)
- Stephanus Schoeman
Stephanus Schoeman.jpg
6 Desember 1860 –
17 April 1862
Waarnemende President van die Uitvoerende raad van die Republiek en later die leier van die sogenaamde rebellemagte.
- Willem Cornelis Janse van Rensburg
Coat of arms of the South African Republic.svg
18 April 1862 –
10 Mei 1864
Waarnemende President van die Uitvoerende raad van die Republiek (18 April 1862 – 23 Oktober 1863)

President van die Uitvoerende raad van die Republiek (23 Oktober 1863 – 10 Mei 1864)

2 Marthinus Wessel Pretorius
Marthinus Wessel Pretorius.jpg
10 Mei 1864 –
22 November 1871
President van die Uitvoerende raad van die Republiek (10 Mei 1864 – 22 Oktober 1866)

Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek (22 Oktober 1866 – 20 November 1871)
Die amp van Staatspresident word geskep deur die grondwetlike wysiging van die Volksraad op 22 Oktober 1866.

3 Daniël Jacobus Erasmus
Coat of arms of the South African Republic.svg
21 November 1871 –
1 Julie 1872
Waarnemende Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek
4 Thomas François Burgers
ThFBurgers CHM VA0915.jpg
1 Julie 1872 –
12 April 1877
2de Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek
Britse anneksasie en die Eerste Vryheidsoorlog (12 April 1877 – 8 Augustus 1881)
Driemanskap

PKruger 1898 VA0952.jpg
Marthinus Wessel Pretorius.jpg

Pjjoubert.jpg
13 Desember 1880 –
9 Mei 1883
Die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek hervat sy bevoegdhede in ooreenstemming met die besluit van die Volksraad op 13 Desember 1880; die ZAR word onder die naam "Transvaal Gebied" selfregering toegestaan in ooreenstemming met die Konvensie van Pretoria, onderhewig aan die susereiniteit van die Britse kroon, op 8 Augustus 1881.
5 Paul Kruger
PKruger 1898 VA0952.jpg
9 Mei 1883 –
31 Mei 1902
3de Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek

Verlaat die Republiek op 10 September 1900

Tweede Vryheidsoorlog (11 Oktober 1899 – 31 Mei 1902)
6 Schalk Willem Burger
Schalk Willem Burger2.jpg
10 September 1900 –
31 Mei 1902
Waarnemende Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek (staan in vir afwesige Kruger)
Amp afgeskaf met die ondertekening van die Verdrag van Vereeniging (31 Mei 1902) en die finale Britse anneksasie.

Laaste verkiesing[wysig | wysig bron]

Kandidaat Stemme %
Paul Kruger 12,858 86.5
Piet Joubert 2,001 13.5
Totaal 14,859 100
Bron: Encyclopædia Britannica[1]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]