Madhuri Dixit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Madhuri Dixit
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Madhuri Dixit by die bekendstelling vir Emeralds for Elephants

Geboorte 15 Mei 1967 (1967-05-15) (52 jaar oud)
Moembaai, Maharashtra, Indië
Nasionaliteit Indiese
Aktiewe jare 1984–2002
2007–teenwoordig
Webwerf http://www.madhuridixit-nene.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Madhuri Dixit (* 15 Mei 1967) is 'n Indiese aktrise wat vir haar werk in Bollywood se rolprente beroemd is.[1] Sy het 'n paar Filmfare-toekennings ontvang, vier vir Beste Aktrise en een vir Beste Byspeler. Sy het die rekord vir die hoogste aantal Beste Aktrise nominasies (13) by Filmfare. In 2008 het die Regering van Indië haar met die Padma Shri bekroon, wat die vierde hoogste burgerlike toekenning in Indië is.[2]

Lewensloop[wysig | wysig bron]

Dixit is op 15 Mei 1967 in Moembaai gebore. Sy het aan die Universiteit van Moembaai studeer om 'n loopbaan in mikrobiologie te volg. Sy is ook 'n opgeleide Kathak-danser.

In 1984 maak sy haar debuut in Bollywood met die rolprent Abudh. In 1988 het sy haar eerste deurbraak met die rolprent Tezaab gehad, dié fliek het ook haar loopbaan in die bedryf gevestig. Sedertdien het sy ook in rolprente soos Dil, Beta, Khalnayak, Raja, Dil To Pagal Hai, Hum Hain Tumhare Sanam, Devdas en Aaja Nachle opgetree.

Ná haar werk in die rolprent Devdas, het sy haar loopbaan verlaat om op haar gesinslewe te fokus, maar in 2007 het sy met die rolprent Aaja Nachle teruggekeer.

Sy is met dr. Shriram Madhav getroud en hulle het twee kinders.[3]

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. Madhuri Dixit Biography”. URL besoek op 25 September 2012.
  2. Afsana Ahmed & Smrity Sharma (4 May 2008). “Madhuri Dixit recives Padma Shree”. Times of India. URL besoek op 25 September 2015.
  3. Goldenberg, Suzanne (8 November 1999). "Heartbreak for millions as Indian film idol weds". The Guardian. London. Besoek op 25 September 2012.