Mumbai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Moembaai)
Jump to navigation Jump to search

Mumbai
मुंबई
MumbaiMontage.png

Kaart Wapen
BombayKaart.PNG
Flag of None.svg
Distrikte
Bombaycitydistricts.png
 Land Vlag van Indië Indië
 Deelstaat Maharashtra
 Koördinate 18°58′N 72°50′O / 18.967°N 72.833°O / 18.967; 72.833
 Stigting 1507
 Oppervlakte:  
 - Totaal 603 vk km
 Hoogte bo seevlak 14 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 12 442 373
 - Bevolkingsdigtheid 21 000/vk km
 - Metropolitaanse gebied 18 414 288
 Tydsone UTC+05:30
 Burgemeester Vishwanath Mahadeshwar (SS)
 Amptelike Webwerf mcgm.gov.in

Mumbai of Moembai (Marathi: मुंबई) is die hoofstad van die Indiese deelstaat Maharashtra en die digsbevolkte stad in Indië. Mumbai lê op 'n eiland aan die weskus van Indië by 18°58′N 72°50′O / 18.967°N 72.833°O / 18.967; 72.833 aan die Indiese Oseaan. Dit is die sesde grootste metropolitaanse gebied in die wêreld met 'n bevolking wat in 2011 op 12 442 373 geraam is. As die grootste hawestad in Wes-Indië met 'n diep natuurlike hawe word meer as die helfte van Indië se passasiersvervoer hier hanteer.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Naam[wysig | wysig bron]

Die tempel van die Hindoegodin Mumbadevi

Die naam Mumbai is afgelei van Mumba of Maha-Amba – die naam van die Koli-godin Mumbadevi – en ai, wat "moeder" in Marathi beteken.[1]

Die naam Mumbai het sy oorsprong in die 16de eeu, toe die Portugese die naam aan die stad gegee het. In die 17de eeu het die Engelse Mumbai beset en dit Bombay (Afrikaans: Bombaai) begin noem omdat dit makliker was om uit te spreek. In 1995 is dit terug verander na Mumbai, soos Indiërs dit nog altyd uitgespreek het.

Toerisme[wysig | wysig bron]

Mumbai is die enigste Indiese stad wat drie Unesco-wêrelderfenisgebiede huisves: Die Olifantgrotte (1987[2]), die Chhatrapati Shivaji Terminus spoorwegstasie (2004[3]) asook die Victoriaanse en Art Deco-ensemble (2018[4]).

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Bapat, Jyotsna (2005). Development projects and critical theory of environment. SAGE. p. 6. ISBN 978-0-7619-3357-1. 
  2. (en) Elephanta Caves”. Unesco. URL besoek op 9 Julie 2018.
  3. (en) Chhatrapati Shivaji Terminus (formerly Victoria Terminus)”. Unesco. URL besoek op 9 Julie 2018.
  4. (en) Victorian Gothic and Art Deco Ensembles of Mumbai”. Unesco. URL besoek op 9 Julie 2018.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]