Madoka Inui
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Madoka Inui (gebore op 27 Maart in Kobe) is 'n Japannese pianis van Klassieke musiek wat in Wene woon.
Platelys
[wysig | wysig bron]In 2000 het sy saam met Franz Bartolomey, die eerste-tjellis van die Weense Filharmoniese Orkes haar eerste CD vrygestel met werke vir Tjello en klavier deur Brahms, Richard Strauss en Johann Strauss jr..
In 2002 het sy begin by die wêreld se voorste onafhanklike plaatetiket- die Naxos Plaatetiket- waar sy die pianistiese deel van die kamermusiekreeks "Philharmonic Soloists" oorgeneem het en opnames gemaak het saam met soliste van die Weense Filharmoniese Orkes.
Die volgende opnames is ook gemaak:
- [2002]: Die kuns van die klarinet, saam met Peter Schmidl, met musiek deur Beethoven, Brahms, Mendelssohn en Alban Berg .)
- [2003]: Die kuns van die Weense Horing saam met Wolfgang Tomböck , met musiek deur Beethoven, Brahms, Schubert, en Schumann .)
- 2004: Die Kuns van die Altviool, met Heinrich Koll. (Schumann, Hindemith, Benjamin Britten)
- 2005: Die Kuns van die Tjello, met Franz Bartolomey. (Hummel, Haydn, Chopin)
- 2007: Die kuns van die fluit, met Wolfgang Schulz. (Mozart, Kuhlau en Poulenc).
Die eerste opname van die volledige fantasieë vir klaviersolo deur Johann Nepomuk Hummel by Naxos was ook baie suksesvol en is deur die kritici geprys.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Notas
[wysig | wysig bron]Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal. |