Magnesium-26
Algemeen | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam | Magnesium-26 | |||||||||||||||
Protone | 12 | |||||||||||||||
Neutrone | 14 | |||||||||||||||
Kernspin | 0+[1] | |||||||||||||||
Massa-oorskot | -16214,52 keV[1] | |||||||||||||||
Status | ||||||||||||||||
Status | stabiel[1] | |||||||||||||||
Relatiewe voorkoms | 11,01%[1] | |||||||||||||||
Neutrondiffraksie | ||||||||||||||||
koh. lengte | 4,98 fm | |||||||||||||||
inkoh. lengte | 0 fm | |||||||||||||||
koh. deursnee | 3 barn | |||||||||||||||
inkoh. deursnee | 0 barn | |||||||||||||||
absorpsiedeurnee[2] | 0,032 barn | |||||||||||||||
Navigasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Lys van isotope | ||||||||||||||||
Portaal Chemie | ||||||||||||||||
Portaal Fisika |
Magnesium-26 (chemiese notasie: 2612Mg) is 'n stabiele isotoop van magnesium. Dit is 'n taamlik seldsame isotoop.
Radiometriese datering
[wysig | wysig bron]Hierdie isotoop is die vervalproduk van die uitgestorwe isotoop aluminium-26 wat 'n halfleeftyd van 700 mj besit. Die verhouding van die isotope 26Mg/24Mg kan daardeur wissel afhanklik van die aanwesigheid van aluminium-26 in die verlede. Hierdie verhouding kan met die 26Mg/27Al-verhouding vergelyk word om die leeftyd van meteoriete te bepaal.[3]
NMR
[wysig | wysig bron]Hierdie isotoop se kernspin I=0 en dit is daardeur nie vir kernspinresonansie geskik nie.
Isotoopverhoudings
[wysig | wysig bron]Die δ26Mg-isotoopverhouding word in die geochemie gebruik om die poriewater van neerslae in die see en die oseaan te bestudeer. Dit kan wissel van -2,56 tot +1,13 ‰ Reënwater, gemeet in Santa Cruz, Kalifornië het 'n waarde van -0,79±0,05 wat gelyk is aan die oseaanwater s'n, maar in die Alpe is waardes van -1,59 tot -1,29 gemeet. In gesteentes kan die afwyking nog baie groter wees. In monsters wat volop kalsiet bevat, word waardes van -5,57 tot -1,04 ‰ aangetref.[4]
Die standaard wat vandag gebruik word word DSM3 genoem. Dit is 'n oplossing van magnesiumnitraat in water. 'n Standaard wat lank gebruik is, is NIST SRM 80. In 2003 is dit afgeskaf omdat dit blyk dat dit nie heeltemal homogeen is nie.[5]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 The NUBASE evaluation of nuclear and decay properties G. Audi, O. Bersillon, J. Blachot, A.H. Wapstra IUPAC
- ↑ Vir neutrone met snelheid 2200 m/s
- ↑ NASA 1993
- ↑ Non-Traditional Stable Isotopes Fang-Zhen Teng, James Watkins, Nicolas Dauphas Walter de Gruyter GmbH & Co KG, 2017, ISBN 3-11-054563-2,ISBN 9783110545630
- ↑ CIAAW IUPAC