Makemake (god)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Makemake in ’n rotstekening.

Makemake (ook Make-make of MakeMake gespel)[1] in die Rapa Nui-mitologie van Paaseiland is die skepper van die mensdom, die god van vrugbaarheid en die hoofgod van die "Tangata manu"- of "voëlman"-kultus. Dié kultus is jonger as die eiland se meer bekende Moai-era. Die god word dikwels op Rapa Nui-rotstekeninge uitgebeeld.

Die Trans-Neptunus-dwergplaneet Makemake is na die god genoem omdat die planeet en die eiland albei met Paasfees verbind word. Die planeet is kort ná Paasfees 2005 ontdek, en die eerste Europese kontak met die eiland was op Paassondag 1722.[2][3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Robert D. Craig (2004). “Handbook of Polynesian Mythology”.
  2. Blue, Jennifer (14 Julie 2008). "(136472) 2005 FY9 Named Makemake". Verkry op 2008-07-15. 
  3. Mike Brown (2008). "Mike Brown's Planets: What's in a name? [part 2]". CalTech. Verkry op 2008-07-14. 

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Alfred Métraux. [1940] 1971. Ethnology of Easter Island. Bernice P. Bishop Museum Bulletin 160. Honolulu: Bishop Museum Press.
  • Katherine Routledge The Mystery of Easter Island 1919 ISBN 0-932813-48-8
  • VAN TILBURG, Jo Anne. 1994. Easter Island: Archaeology, Ecology and Culture. Washington D.C.: Smithsonian Institution Press.