Martiens Bekker
Voorkoms
| |||||
Volle naam | Marthinus Johannes Bekker | ||||
---|---|---|---|---|---|
Bynaam | Martiens | ||||
Geboortedatum | 3 Mei 1930 | ||||
Geboorteplek | Dordrecht, Suid-Afrika | ||||
Sterftedatum | 10 November 1971 (op 41) | ||||
Sterfteplek | Ermelo, Suid-Afrika | ||||
Kinders | 4 (3 seuns, 1 dogter) | ||||
Beroep | Onderwyser | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Stut | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Normaalkollege | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Noord-Transvaal | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1960 | Suid-Afrika | 1 |
Marthinus Johannes Bekker (3 Mei 1930, Dordrecht - 10 November 1971, Ermelo) was ’n Springbokrugbyspeler wat Suid-Afrika in een toets verteenwoordig het. Bekker se broers en hul suster het Suid-Afrika almal op die sportveld verteenwoordig; Jaap en Dolf Bekker het, soos Martiens, vir die Springbokke uitgedraf.
Op sy beurt het Daan Bekker as bokser by die Olimpiese Spele van 1956 in Melbourne ’n bronsmedalje in die swaargewig-afdeling gewen en dit in 1960 in Rome met ’n silwermedalje opgevolg. Hul suster, Corrie Lategan, het Suid-Afrika op die atletiekbaan in diskusgooi en gewigstoot verteenwoordig.
Bron
[wysig | wysig bron]- Nóg een van oudste Bokke dood Beeld 18 Junie 2012