Michael Tellinger

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Michael J. Tellinger
Michael Tellinger in Holland 2012
Alma materUniversiteit van die Witwatersrand
BeroepSkrywer
Webwerfhttps://michaeltellinger.com/

Michael Tellinger is 'n Suid-Afrikaanse skrywer, ontdekkingsreiser[1] en stigter van die Ubuntu Party wat die verskaffing van gratis  hulpbronne ondersteun vir alle vlakke van die samelewing.[2] Hy stel voor dat Adam se Kalender 'n terrein van buitengewone argeologiese belang is, wat in die middel is van 'n netwerk van klip sirkels dwarsoor Suid-Afrika en wat hy beweer energie gekanaliseer het in antieke tye.[3] Hy het 'n veldtog gelei teen banke en sentrale banke.[4]

Veldtog teen banke[wysig | wysig bron]

Tellinger is in 2012 in die hooggeregshof in Johannesburg gedagvaar deur Standard Bank vir die nie-betaling van sy huislening van R828 015 wat in 2007 toegestaan is. Tellinger se argument, in 'n neutedop, is dat banke geld uit die lug skep en daarom kon hy dieselfde doen. Hy het Standard Bank 'n stuk papier gestuur wat volgens hom 'n "verhandelbare instrument" was vir die finale betaling van die lening. Standard bank het hom hof toe geneem en binne enkele minute is sy saak met koste van die hand gewys deur regter Jackson Mabsele. Tellinger is beveel om die lening en die regskoste van albei partye te betaal. Die moontlikheid bestaan ook dat hy gedagvaar kan word vir laster en ook 'n "lastige litigant" verklaar kan word. Hy het na die hof-saak gesê dat hy die saak na die Konstitusionele hof sal vat.[4]

Skrywer[wysig | wysig bron]

Hy het die volgende boeke geskryf:

  1. Adam's Calendar
  2. Slave Species of God
  3. Temples of the African Gods
  4. Ubuntu Contributionism

Politiek[wysig | wysig bron]

Tellinger het 'n Suid-Afrikaanse politieke party, Ubuntu Party, gestig, vernoem na die beginsels van Ubuntu-"Bydra-isme".

Opvoeding[wysig | wysig bron]

Tellinger het in 1983 aan die Universiteit van die Witwatersrand se mediese skool, Johannesburg, 'n B.Farmasie-graad verwerf.[5]

Musiek[wysig | wysig bron]

Hy het baie van sy vroeë jare in die kunste op die verhoog en op die skerm deurgebring. As deel van die duo “Stirling & Tellinger” het hy verskeie musiektreffers in Suid-Afrika gehad. In 1986 het hy in Los Angeles vir Cannon Films as klankontwerper en redakteur gewerk en het die omstrede anti-apartheidslied “We come from Johannesburg” geskryf en opgeneem wat onder die vorige regime verbied is. Sy jongste bydrae tot die kunste was 'n liedjie "Side By Side With Angels" vir die rampfonds TSUNAMI in 2005, wat 'n aantal top Suid-Afrikaanse kunstenaars bevat.[6]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. UBUNTU-"Bydra-isme" ondersteun 'n samelewing sonder geld: almal is gelyk - WOUB Digital (Engels) (22 September 2016). Argief geskep van die oorspronklike op 7 Julie 2018. URL besoek op 17 Desember 2019.
  2. De Wet, Phillip. Leiers in 'New Age' maak die leuens uit (Engels). Mail & Guardian. Argief geskep van die oorspronklike op 7 Julie 2018. URL besoek op 17 Desember 2019.
  3. Bradfield, Laura (10 November 2015). 200 000 jaar oue stad in Suider-Afrika kan die geskiedenis herskryf (Engels). The South African. Argief geskep van die oorspronklike op 17 Desember 2019. URL besoek op 17 Desember 2019.
  4. 4,0 4,1 De Wet, Phillip. Die hof sien rooi oor "VVV-guru" se kruistog (Engels). Mail & Guardian. Argief geskep van die oorspronklike op 7 Julie 2018. URL besoek op 17 Desember 2019.
  5. Keene, Rochelle. Ons gegradueerdes - 1924-2012 (Engels) (PDF). wits.ac.za 141. University of the Witwatersrand - Faculty of Health Science. URL besoek op 17 Desember 2019.
  6. Michael Tellinger, author Slave Species God Adam's Calendar. Credo Vusamazulu Mutwa (8 March 2019). Argief geskep van die oorspronklike op 8 Maart 2019. URL besoek op 17 Desember 2019.