Mike Oldfield

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Mike Oldfield
Mike Oldfield by Alexander Schweigert 2.jpg
Mike Oldfield (Desember 2006)
GeboortenaamMichael Gordon Oldfield
Geboorte15 Mei 1953 (1953-05-15) (66 jaar oud)
Reading, Berkshire (Engeland)
Beroep(e)Musikant, komponis, produseerder
Genre(s)Wêreld, elektronies, ambience, new age
Instrument(e)Kitaar, sintetiese klavier, perkussie, stem, baskitaar
Aktiewe jare1967 — hede
EtiketteVirgin (1972 – 1991)
Warner Bros. (1992 – 2003)
Mercury (2005 – present)
Webwerfwww.mikeoldfield.com
AssosiasiesKevin Ayers, David Bedford, Maggie Reilly, Pekka Pohjola
Portal.svg Musiekportaal

Michael Gordon (Mike) Oldfield (gebore 15 Mei 1953 in Reading, graafskap Berkshire) is 'n Engelse multiinstrumentalistiese musikant en komponis wat met 'n musiekstyl werk wat volksmusiek, etniese of wêreldmusiek, Europese klassieke musiek, elektroniese musiek, nuwe era-musiek, dansmusiek, en rockmusiek kombineer wat 'n uitgebreide en ingewikkelde musikale produk tot gevolg het. Oldfield is die meeste bekend vir sy in 1973 vrygestelde album Tubular Bells, wat 'n baanbrekende instrumentele konsepalbum was en die platemaatskappy Virgin Records se loodsalbum was. Hy het veral verdere bekendheid verwerf met sy 1983se treffer "Moonlight Shadow" sowel as vir sy interpretasie van die Kerslied "In Dulci Jubilo".

Mike Oldfield met sy PRS Custom 24 in Desember 2006 by die Festhalle in Frankfurt

Oldfield het baie van sy albums self opgeneem en vervaardig, en die meeste van die instrumente wat daarop gebruik is, self bespeel. Hierdie vervaardiging het ook meestal in sy huisateljee geskied. In die 1990's en 2000 het hy hoofsaaklik gebruik gemaak van digitale oudiowerkareas soos Apple Inc. se Logic Pro, Digidesign se Pro Tools, en Steinberg se Nuendo.[1] Oldfield het al opgemerk dat hy die Sibelius-sagteware vir musieknotasie gekombineerd met Apple Macintosh-rekenaars gebruik om die klassieke dele in sy musiek te komponeer.[2] Hy het ook die FL Studio digitale oudiowerkarea op sy dubbelalbum van 2005, Light + Shade, gebruik.[3] Van die mengingkonsole wat Oldfield besit het, sluit in 'n AMS Nerve Capricorn 33238 en 'n Euphonix System 5-MC.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Tubular Worlds". Sound On Sound. 1995-02-01. Besoek op 2008-04-01.
  2. "I use my Mac for... Composing music". MacFormat. 2008-04-01. Besoek op 2008-04-01.
  3. "Interview of Mike Oldfield by Image-Line". Image-Line. Besoek op 2008-09-11.