Molibdeenheksakarboniel
Algemeen | |
---|---|
Naam | Molibdeenheksakarboniel |
Chemiese formule | Mo(CO)6 |
Molêre massa | 264 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 13939-06-5[1] |
Voorkoms | roomkleurige vastestof [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=1201,9(2)pm; b=1141,5(3) pm; c=648,8(1) pm; Z=4[2] |
Ruimtegroep | Pnma |
Nommer | 62 |
Smeltpunt | 150 °C[1] |
Kookpunt | 156 °C[1] |
Digtheid | 1,96 [g/cm3] @ 25 °C[1] |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Molibdeenheksakarboniel is 'n verbinding van molibdeen in sy 0 oksidasietoestand en koolstofmonoksied met formule Mo(CO)6.
Dit is 'n vaste stof met toksiese eienskappe. In rioolgasse is klein hoeveelhede molibdeenkarboniel (<1 ppb) aangetref.[3]
Kristalstruktuur
[wysig | wysig bron]Die stof kristalliseer in 'n ortorombiese molekulêre struktuur wat uit amper perfekte oktaëdriese molekules bestaan.[2]
Chemiese eienskappe
[wysig | wysig bron]Molibdeenheksakarboniel is 'n kleurlose, reuklose, lugstabiele en diamagnetiese vaste stof. Dit is nouliks oplosbaar in nie-polêre organiese oplosmiddels en effens oplosbaar in polêre oplosmiddels. Dit kan berei word uit fyn verdeelde (piroforiese) molibdeen en koolstofmonoksied onder hoë druk. Mo(CO)6 het meer toepassings in organiese sintese gevind as enige ander Mo-reagens. Dit word gebruik om verskeie reaksies te kataliseer, naamlik C-C- bindingsvorming, siklisering, ringsplyting van heterosikliese verbindings, reduksies, oksidasies, heterosikliese ringvorming ens.[4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "Molybdenumhexacarbonyl". Sigma-Aldrich.
- ↑ 2,0 2,1 Thomas C. W. Mak (1984). "Crystal structure of molybdenum hexacarbonyl". Zeitschrift fur kristallographie. 166: 277–281.
- ↑ J. Feldmann (1999). "Determination of Ni(CO)4, Fe(CO)5, Mo(CO)6, and W(CO)6 in sewage gas by using cryotrapping gas chromatography inductively coupled plasma mass spectrometry". Journal of Environmental Monitoring. 1.
- ↑ Jitender M . Khurana, Sushma Chauhan, Arpita Agrawal (2004). "MOLYBDENUM IN ORGANIC SYNTHESIS . A REVIEW". ORGANIC PREPARATIONS AND PROCEDURES INT. 36 (3): 201–276.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)