Mon
Mon ဘာသာမန် | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [pʰesa mɑn] | |
Gepraat in: | Mianmar | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 851 000[1] | |
Taalfamilie: | Austro-Asiaties Monies Mon | |
Skrifstelsel: | Birmaanse skrif | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | mnw | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Mon (ဘာသာမန်) is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur die Mon as moedertaal gepraat word. Mon is, nes die verwante Khmer, maar in teenstelling met die meeste ander tale van die vastelandse Suidoos-Asië, nie 'n tonale taal nie. Mon is 'n erkende inheemse taal in beide Mianmar en Thailand.[2]
Mon is in Unesco se wêreldatlas van bedreigde tale as 'n "kwesbare" taal gelys.[3] Dié taal staar assimilatiewe druk in beide Mianmar en Thailand in die gesig, waar baie Mon-mense nou eentalig met onderskeidelik Birmaans of Thai is. In 2007 is die aantal Mon-sprekers tussen 800 000 en 1 miljoen geskat.[4] In Mianmar woon die meeste Mon-sprekers in die suide van die land, veral in die Mon-deelstaat, maar ook in die Tanintharyi-streek en die Kayin-deelstaat.[5]
Die alternatiewe benaming van die Austro-Asiatiese tale – Mon-Khmer-tale – is van die twee tale Mon en Khmer afgelei.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Mon". Ethnologue. Besoek op 27 April 2021.
- ↑ (en) "International Convention on the Elimination of All Forms of Racial Discrimination" (PDF). 28 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 Oktober 2016. Besoek op 27 September 2019.
- ↑ (en) "UNESCO Atlas of the World's Languages in danger". Unesco. Besoek op 3 Junie 2020.
- ↑ (en) McCormick, Patrick; Jenny, Mathias (13 Mei 2013). "Contact and convergence: The Mon language in Burma and Thailand". Cahiers de Linguistique Asie Orientale. 42 (2): 77–117. doi:10.1163/19606028-00422P01. ISSN 1960-6028.
- ↑ (en) "The Mon Language". Monland Restoration Council. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2006.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mon.
- (en) "Mon language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 April 2021.