Gaan na inhoud

Mourne Mountains

Koördinate: 54°10′N 06°05′W / 54.167°N 6.083°W / 54.167; -6.083
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mourne Mountains
Na Beanna Boirche
Die Mourne Mountains, soos gesien vanuit St. John's Point, graafskap Down Die Mourne Mountains, soos gesien vanuit St. John's Point, graafskap Down
Ligging Noord-Ierland,
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Hoogte 850 meter bo seevlak
Koördinate 54°10′N 06°05′W / 54.167°N 6.083°W / 54.167; -6.083
Murlough-strand in Newcastle, graafskap Down, op 'n Oktoberdag, met die Mourne Mountains in die agtergrond
'n Uitsig oor die reeks se hoogste piek, Slieve Donard, en Newcastle vanuit Murlough-strand

Die Mourne Mountains [ˈmɔərn], ook die Mournes of Mountains of Mourne genoem, is 'n graniet-bergreeks in die graafskap Down in die suidooste van Noord-Ierland, 31 myl (50 km) suid van Belfast en 62 myl (100 km) noord van Dublin. Dit bevat die hoogste pieke in Noord-Ierland en die historiese Ierse provinsie Ulster. Die hoogste piek is Slieve Donard (850 m bo seevlak).

Die Mournes word as 'n landskap van buitengewone natuurlike skoonheid beskou, en daar is voorgestel om 'n nasionale park in die gebied te skep wat tans gedeeltelik in besit van die National Trust is en jaarliks 'n groot getal besoekers lok. Die bergreeks word deur deur 'n uitgebreide netwerk van paaie en staproetes deurkruis.[1]

Die naam Mourne (wat vroeër Morne gespel is) is van 'n Gaeliese clan afgelei, die Múghdhorna.[2] Die bergreeks het wyer bekendheid verwerf danksy 'n liedjie, The Mountains of Mourne, wat deur die Ierse kunstenaars en komponiste William Percy French en Houston Collisson in 1896 geskryf is.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. WalkNI.com: Mourne Mountains. Besoek op 27 Augustus 2017
  2. Patrick Joyce: The Origin and History of Irish Names of Places. Dublin: McGlashan & Gill 1869, bl. 128
  3. "Culture Northern Ireland: The Mountains Of Mourne Sweep Down To The Sea. Besoek op 27 Augustus 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2017. Besoek op 27 Augustus 2017.