MySubs

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
MySubs
(My subskribsies)
Tipe webblad eHandel
Taal(e) Afrikaans en Engels
Registrasie Verpligtend
Eienaar On the Dot
Huidige status Aktief
URL mysubs.co.za

MySubs is 'n Suid-Afrikaanse webtuiste en platform vanwaar Afrikaanse (en Engelse) tydskrifte en koerante in digitale formaat aangekoop kan word. Die aangekoopte publikasies kan dan met behulp van 'n rekenaar, tablet, e-boekleser of selfoon gelees word.

Publikasies word in verskeie formate aangebied. 'n PDF-weergawe kan afgelaai word en op 'n gewone rekenaar gelees word. Toepassings is ook beskikbaar sodat publikasies op Android of Apple gebaseerde selfone en tablette gelees kan word. Die toepassings bied gebruikersvriendelike funksies wat aangekoopte publikasies outomaties aflaai en die gebruiker toelaat om boekmerke te stel.

Sodra publikasies afgelaai is kan dit aflyn (sonder internet toegang) gelees word.

Afrikaanse tydskrifte[wysig | wysig bron]

Van die Afrikaanse tydskrifte wat te koop aangebied word sluit in:

  • Sarie
  • SA Hunter/Jagter
  • Weg!
  • WegRy
  • WegSleep
  • Tuis
  • TVplus (Afrikaanse weergawe)


Eksterne skakels[wysig | wysig bron]