NGC 6357

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
NGC 6357
’n Beeld deur die Hubble-ruimteteleskoop van Pismis 24-1, die "kern" van NGC 6357. Bron: HRT/Nasa/ESA
’n Beeld deur die Hubble-ruimteteleskoop van Pismis 24-1, die "kern" van NGC 6357.
Bron: HRT/Nasa/ESA
Soort newel Emissienewel
Sterrebeeld Skerpioen[1]
Tipe H II-gebied
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 17h 24m[2]
Deklinasie -34° 20′[2]
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 5 500[3]
Ander name
War and Peace Nebula,[2] Kreefnewel,[4] Sharpless 11, RCW 131, Gum 66
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

NGC 6357 is ’n emissienewel naby NGC 6334 in die sterrebeeld Skerpioen. Dit bevat baie protosterre wat verdwerg word deur ’n gaswolk en klein, jong sterre met baie omringende gas.

Pismis 24[wysig | wysig bron]

Beelde deur die Spitzer-ruimteteleskoop (rooi en groen) wys die borrels in die molekulêre wolk, terwyl X-straalbeelde deur Chandra (blou) sterreswerms uitlig.

Die newel bevat onder meer die oop sterreswerm Pismis 24, wat verskeie sterre met ’n groot massa het. Een van die helderste sterre in die swerm, Pismis 24-1, is aanvanklik beskou as die grootste ster bekend, teen amper 300 M (sonmassas), totdat ontdek is dit is ’n veelvoudige stelsel met minstens drie sterre; die verskillende komponente is steeds gemiddeld sowat 100 M elk en hulle is dus steeds van die grootste sterre bekend.[5][6]

G353.2+0.7[wysig | wysig bron]

Die jong sterreswerm G353.2+0.7 lê oos van Pismis 24 en is ontdek op ’n beeld deur die Chandra-X-straalsterrewag wat gewys het dit bestaan uit sowat 800 sterre.[7]

G353.1+0.36[wysig | wysig bron]

Die jong swerm G353.1+0.36 lê suidoos van Pismis 24 en bevat ook sowat 800 sterre wat deur X-strale opgespoor is.[7] Die streek het verskeie Klas O-sterre, onder meer [BDSB2003] 10.[8]

Swaar sterre[wysig | wysig bron]

NGC 6357 is een van die mees prominente streke naby ons in die Melkweg waar swaar sterre vorm. ’n Verskeidenheid vroeë Klas O-sterre word in die newel aangetref en blaas borrels om die sterreswerms wat in die molekulêre wolk gesien kan word.

Prominente sterre in Pismis 24[9]
Ster
(Pismis 24-#)
Spektraaltipe Magnitude
(Mbol)
Temperatuur[10]
(K)
Radius
(R)
Massa
(M)
1NO O3,5 If* -10 42 000 17 74
1SW O4 III -9,8 41 500 16 66
2 O5,5 V(f) -8,9 40 000 12 43
3 O8 V -7,7 33 400 9 25
10 O9 V -7,2 31 500 8 20
12 B1 V -5,3 30 000 4 11
13 O6,5 III((f)) -8,6 35 600 12 35
15 O8 V -7,8 33 400 10 25
16 O7,5 V -9 34 000 16 38
17 O3,5 III -10,1 42 700 17 78
18 B0,5 V -6,4 30 000 6 15
19 B0,5 V -5,4 30 000 4 11

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. R. W. Sinnott, red. (1988). The Complete New General Catalogue and Index Catalogue of Nebulae and Star Clusters by J. L. E. Dreyer. Sky Publishing Corporation and Cambridge University Press. ISBN 0-933-34651-4.
  2. 2,0 2,1 2,2 "SIMBAD Astronomical Database". Results for NGC 6357. Besoek op 2007-05-03.
  3. “Statistical study of OB stars in NGC 6334 and NGC 6357”. doi:10.1051/0004-6361/201117299. Besoek op 2013-06-09.
  4. http://www.theguardian.com/science/2013/feb/20/lobster-nebula-birthplace-stars-infrared
  5. "ESA Science & Technology: Star on a Hubble diet NGC 6357". Besoek op 2007-04-11.
  6. NASA: Massive Stars in Open Cluster Pismis 24, 2006
  7. 7,0 7,1 Townsley, L. K. (2014). “The Massive Star-Forming Regions Omnibus X-Ray Catalog”. Astrophysical Journal Supplement 213 (1): 1. doi:10.1088/0067-0049/213/1/1.
  8. Damke, G. (2006). “The open cluster G353.1+0.7 in NGC6357”. Revista Mexicana de Astronomía y Astrofísica 26: 180.
  9. (2012) “Star formation and disk properties in Pismis 24”. Astronomy & Astrophysics 539: A119. doi:10.1051/0004-6361/201015914.
  10. (2005) “A new calibration of stellar parameters of Galactic O stars”. Astronomy and Astrophysics 436 (3): 1049. doi:10.1051/0004-6361:20042386.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]