Narita Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Narita Internasionale Lughawe
成田国際空港
Narita Kokusai Kūkō
Narita International Airport Terminal 1.JPG
IATA: NRTICAO: RJAA
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Operateur Narita Internasionale Lughawekorporasie (NAA)
Bedien Groter Tokiogebied
Ligging Narita, Chiba, Japan
Spil vir
Hoogte bo seevlak 135 vt / 41 m
Webtuiste www.narita-airport.jp
Landkaart
NRT is geleë in Japan
NRT
Ligging in Japan
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
16R/34L 4,000 13,123 Teer
16L/34R 2,500 8,202 Teer
Statistieke (2012)
Passasiers 31,432,754
Vrag (metrieke ton) 1,929,396
Lugbewegings 187,238
Bron: Japanese Narita International Airport Co., Ltd [1]

Die Narita Internasionale Lughawe (Japannees:成田国際空港 of Narita Kokusai Kūkō) (IATA-kode: NRT, ICAO: RJAA), ook bekend as Tokio se Narita-lughawe, is die primêre internasionale lughawe in diens van die Groter Tokio-area van Japan. Dit is 57,5 km oos van Tokiostasie en 7 km oos-suidoos van Naritastasie geleë [2] in die stad van Narita in Chiba en die aangrensende dorp Shibayama.

Narita hanteer die meerderheid van die internasionale passasiersverkeer na en van Japan, en is ook 'n groot aansluitingspunt vir lugverkeer tussen Asië en Suid-Amerika. Die lughawe het 35 478 146 passasiers gehanteer in 2007.[3] Dit is die tweede besigste lughawe vir passasiers in Japan,[3] die besigste lugvragmiddelpunt in Japan,[4] en die negende-besigste lugvragspilpunt in die wêreld.[4] Dit dien as die vernaamste middelpunt van Japan se vlagdraer Japan Airlines, en ook All Nippon Airways, Nippon Cargo Airlines en die laekoste draers Jetstar Japan en Vanilla Air. Dit dien ook as 'n Asiatiese middelpunt vir Delta Air Lines en United Airlines. Volgens wet in Japan word dit as 'n eersteklaslughawe geklassifiseer.

Narita-lughawe se terminaal 1-gebou
'n FedEx MD-11 land op Tokio Narita-lughawe

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.