Delta Air Lines

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Delta Air Lines
'n Delta A330 in die huidige kleure geverf
IATA: DL
ICAO: DAL
Roepsein: DELTA
Gestig: 30 Mei 1924[1]
Ondernemingsvorm: Aandelemaatskappy
Hoofkwartier: Atlanta, VSA
Hooflughawe: Hartsfield-Jackson Atlanta
President: Glen Hauenstein
Voorsitter: Richard H. Anderson
Werknemers: 80 000 (2015)
Alliansie: SkyTeam
Bestemmings: 328
Vloot: 809 vliegtuie
Webtuiste: http://www.delta.com/

Die lugredery Delta Air Lines is 'n groot Amerikaanse maatskappy, met sy hoofkwartier in Atlanta, Georgia.[2] Die lugredery bedryf 'n uitgebreide nasionale en internasionale netwerk op ses vastelande. Delta Air Lines en sy filiale bedryf meer as 5 000 vlugte elke dag en het ongeveer 80 600 werknemers in diens.[3] Die lugredery se spilpunt by Hartsfield-Jackson Atlanta Internasionale Lughawe is die wêreld se besigste lughawe wat passasiersverkeer betref (dit hanteer meer as 91 miljoen passasiers per jaar) en die aantal aankomste en ​​vertrekke. Dit is ook die tuiste van Delta se tegniese bedryfsentrum. [4] Delta is die sesde oudste lugredery en die oudste lugredery nog wat in die Verenigde State opereer. Delta Air Lines is een van die vier stigterslede van die SkyTeam alliansie,[5] die ander drie synde Korean Air, Air France en Aeroméxico. Die lojaliteitsprogram van Delta Air Lines is SkyMiles. Delta Air Lines was die wêreld se grootste lugredery in terme van vlootgrootte in 2011.[6] en geskeduleerde passasiersverkeer in 2012,[7] en die tweede grootste in terme van inkomste uit passasierskilometers gevlieg in 2012.[8] Die lugredery se streeksdiens word deur Delta Connection bedien.

Delta Express Boeing 737-200

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Norwood, Tom; Wegg, John (2002). North American Airlines Handbook (3rd uitg.). Sandpoint, Idaho: Airways International. p. 40. ISBN 0-9653993-8-9.
  2. Federal Aviation Administration – Airline Certificate Information – Detail View. FAA.gov. URL besoek op 1 Mei 2012.
  3. Delta Stats & Facts. URL besoek op 11 Desember 2012.
  4. Delta TechOps
  5. Delta TechOps
  6. The world's 10 largest airlines (15 September 2011).
  7. Scheduled passengers carried. URL besoek op 5 Julie 2013.
  8. Scheduled passenger-kilometres flown. URL besoek op 5 Julie 2013.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.