Nicola Sturgeon
Nicola Sturgeon | |
Eerste minister van Skotland
| |
Ampstermyn 20 November 2014 – 28 Maart 2023 | |
Vise | John Swinney |
---|---|
Monarg | Elizabeth II Charles III |
Voorafgegaan deur | Alex Salmond |
Opgevolg deur | Humza Yousaf |
Leier van die Skotse Nasionale Party
| |
Ampstermyn 14 November 2014 – 27 Maart 2023 | |
Vise | Stewart Hosie Angus Robertson Keith Brown |
Voorafgegaan deur | Alex Salmond |
Opgevolg deur | Humza Yousaf |
Adjunk-Eerste Minister van Skotland
| |
Ampstermyn 17 Mei 2007 – 19 November 2014 | |
Voorafgegaan deur | Nicol Stephen |
Opgevolg deur | John Swinney |
Kabinetsekretaris vir Infrastruktuur, Beleggings en Stede
| |
Ampstermyn 5 September 2012 – 19 November 2014 | |
Voorafgegaan deur | Alex Neil |
Opgevolg deur | Keith Brown |
Kabinetsekretaris vir Gesondheid en Welsyn
| |
Ampstermyn 17 Mei 2007 – 5 September 2012 | |
Voorafgegaan deur | Andy Kerr |
Opgevolg deur | Alex Neil |
Adjunkleier van die Skotse Nasionale Party
| |
Ampstermyn 3 September 2004 – 14 November 2014 | |
Voorafgegaan deur | Roseanna Cunningham |
Opgevolg deur | Stewart Hosie |
Lid van die Skotse Parlement vir Glasgow Southside
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 6 Mei 2011 | |
Voorafgegaan deur | Nuwe Kiesafdeling |
Lid van die Britse Parlement vir Glasgow Govan
| |
Ampstermyn 3 Mei 2007 – 5 Mei 2011 | |
Voorafgegaan deur | Gordon Jackson |
Opgevolg deur | Kiesafdeling afgeskaf |
Lid van die Skotse Parlement vir Glasgow
| |
Ampstermyn 6 Mei 1999 – 3 Mei 2007 | |
Voorafgegaan deur | Kiesafdeling gevestig |
Opgevolg deur | Bob Doris |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 19 Julie 1970 Irvin, North Ayrshire, Skotland, Verenigde Koninkryk |
Politieke party | Skotse Nasionale Party |
Eggenoot/-note | Peter Murrell (∞ 2010) |
Alma mater | Universiteit van Glasgow |
Nicola Ferguson Sturgeon (* 19 Julie 1970) is 'n Skotse politikus wat tot 28 Maart 2023 as die vyfde eerste minister van Skotland gedien het. Sy was die leier van die Skotse Nasionale Party (SNP) van 2014 tot 2023, en was die eerste vrou in die pos.
Sturgeon is sedert 1999 'n lid van die Skotse Parlement, aanvanklik vanaf 1999 tot 2007 as bykomende afgevaardigde vir die Glasgow-kiesafdeling, en sedert 2007 vir die kiesafdeling Glasgow Southside (tussen 2007 en 2011 bekend as Glasgow Govan).[1]
Sturgeon, wat 'n graad in regte aan die Universiteit van Glasgow verwerf het, was aanvanklik as advokaat in Glasgow werksaam. Ná haar verkiesing tot die Skotse Parlement het sy die poste van minister vir onderwys, gesondheid en justisie in die SNP se skadukabinet beklee.