Otavi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Otavi
Wapen van Otavi
Wapen
Slagspreuk: Volhard en Oorwin
Ligging van Otavi op 'n kaart (Namibië)
Otavi
Otavi
Koördinate: 19°39′S 17°20′O / 19.650°S 17.333°O / -19.650; 17.333Koördinate: 19°39′S 17°20′O / 19.650°S 17.333°O / -19.650; 17.333
Land Vlag van Namibië Namibië
Streek Otjozondjupa
Kiesafdeling Otavi
Bevolking (2001)
 - Dorp 3 813
Tydsone SAST (UTC+2)

Otavi is 'n dorp met 4 000 inwoners in die Otjozondjupa-streek van sentraal Namibië. Dit is die hoofstad van die Otavi-kiesafdeling. Groot dele van die gebied is dolomiet (Prekambries) en was in die verlede bekend vir sy minerale rykdom. Meeste van die voorrade is egter nou uitgeput.

Op die plaas Khorab, 2,6 km noord van Otavi is 'n gedenkteken ('n klip) wat die onderhandelinge tussen die Suid-Afrikaanse en Duitse troepe tydens die Eerste Wêreldoorlog aandui. Die onderhandelinge het gelei tot die Vrede van Khorab op 9 Julie 1915 en die oorgawe van ongeveer 4 000 Duitse soldate.[1]

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Heelwat van die dorp se ekonomie maak staat op die twee kruidenierswinkels, 'n meul, twee banke, twee vulstasies, en baie omliggende veeplase, sowel as 'n handjievol ander klein besighede. Die eienaars van die meeste van hierdie ondernemings is wit Afrikaners of Duitsers.

Weens finansiële wanbestuur, het Otavi sy dorpstatus in 2004 verloor en is afgegradeer tot 'n "nedersetting". Nadat inkomste weer verbeter het, is dorpstatus in November 2010 weer herstel. Met die stigting van die Ohorongo-sementfabriek en 'n goudmyn wat sou geopen het, is die besigheid en diens veronderstel om aansienlik te verbeter.

Die B1-hoofweg gaan deur die dorp.

Die Spelonkbaber (Clarias cavernicola) is endemies aan die Aigamasgrot naby Otavi.

Koördinate: 19°39′S 17°20′O / 19.650°S 17.333°O / -19.650; 17.333

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Cassidy, Joseph (2009). Place Names of Namibia A Historical Dictionary. Windhoek: Macmillan Education Namibia Publishers (Pty) Ltd. p. 85. ISBN 978-99916-0-654-5.