Owen-waterval

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Owen-waterval was 'n waterval in die Victoria-Nyl in Uganda. Hierdie waterval was net-net noord van die ewenaar by 00° 26′ 37″ noord en 33° 11′ 05″ oos, noordwes van Jinja en 4 km van die punt waar die Victoria-Nyl die Victoriameer verlaat. Die val was 10 m hoog.

In die 1950’s is ‘n studam, die Owen Falls-dam (ook Nalubaale-dam genoem) vir die regulering van die rivierwaterpeil gebou en het die val in 1954 onder die water verdwyn. Hidroëlektrisiteit wat daarna hier opgewek word, word aan Uganda en Kenia verskaf.