Palma
Voorkoms
Kaart | Vlag |
Wapen | |
Land | Spanje |
Gebied | Baleariese Eilande |
Koördinate | 39°34′N 02°39′O / 39.567°N 2.650°O |
Stigting | 123 v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 208,63 vk km |
Hoogte bo seevlak | 13 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2015) | 400 578 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 912,92 vk/km |
Tydsone | UTC+1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | José Hila Vargas (PSIB) |
Amptelike webwerf | palma.cat |
Palma (Katalaans: [ˈpalmə], Spaans: [ˈpalma]), voorheen: Palma de Mallorca (Spaans) of Ciutat de Mallorca (Katalaans), is die hoofstad en grootste stad van die Baleariese Eilande, 'n outonome gebied in die ooste van Spanje in die Middellandse See. Die stad het in 2015 'n bevolking van 400 578 gehad en het 'n oppervlakte van 208,63 km². Die stad is op die eiland Majorka geleë en is die belangrikste hawe van dié eiland. Palma is veral bekend vir sy toerismebedryf.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Palma.
- (ca) (es) Amptelike webwerf