Gaan na inhoud

Palpigradi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Palpigradi
Tydperk: Senomanium–onlangs
Eukoenenia spelaea
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Palpigradi

Thorell, 1900
Families & genera
Eukoeneniidae
Prokoeneniidae
incertae sedis

Die lede van die orde Palpigradi is klein arachniede (tot 3 mm lank) en die orde self het min verteenwoordigers. Hulle hou in grotte of onder klippe en verkies vogtige toestande. Hulle het ook ’n terminale gelede aanhangsel (flagellum) soos die sweep-skerpioene. Die karapaks bestaan uit twee dele en die kloukake, asook die kaaktasters, is goed ontwikkel.

Leptokoenenia pelada

Die diere het geen oë nie, maar die eerste paar ledemate word as tasorgane en nie vir voortbeweging gebruik nie. Sommige spesies het tot drie paar boeklonge, terwyl geen asemhalingsorgane by ander spesies voorkom nie.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Michael S. Engel; Laura C. V. Breitkreuz; Chenyang Cai; Mabel Alvarado; Dany Azar; Diying Huang (2016). "The first Mesozoic microwhip scorpion (Palpigradi): a new genus and species in mid-Cretaceous amber from Myanmar". The Science of Nature. 103 (3–4): 19. doi:10.1007/s00114-016-1345-4.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]