Orde (biologie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Biological classification L Pengo vflip af.svg Lewe Domein Koninkryk Phylum Klas Orde Familie Genus Spesie

In die wetenskaplike klassifikasiesisteem wat gebruik word in biologie, is die Orde (Latyn: ordo, meervoud ordines) 'n rangorde tussen die Klas en die Familie.

Geskiedenis van die begrip[wysig]

Portret van Carolus Linnaeus, deur J H Scheffel (1739)
Die voorblad van Systema Naturae, tiende In die 1690's het die Duitse plantkundige Augustus Rivinus Orde die eerste keer beskryf as 'n afsonderlike rangorde van biologiese klassifikasie. Carolus Linnaeus was die eerste persoon om dit volgehoud toe te pas binne al drie destydse koninkryke van die Natuur (te wete minerale, plante, en diere) in sy Systema Naturae (1735, Eerste uitgawe). uitgawe, in Duitsland gepubliseerd (1758)

Plantkunde[wysig]

Die Linnaeaanse Orde was 'n kunsmatige verdeling. Tot teen die einde van die 19'de eeu het Orde in die taksonomie groepe plante beskryf wat vandag onder Familie geklassifiseer word. Teen 1906 het die eerste internasionale reëls van plantkundige nomenklatuur verskyn, en in dié reëls is Familie toegewys aan die bogenoemde groep, en is Orde begin gebruik vir 'n hoër rangorde wat vantevore as kohorte bekend gestaan het.

Dierkunde[wysig]

In dierkunde was daar 'n meer natuurlike gebruik van die Linnaeaanse Ordesisteem, en die moderne wetenskaplike loop dus nog sommige van sy ordinale name raak (soos byvoorbeeld die Lepidoptera vir die Orde van motte en skoenlappers, of die Orde Diptera vir vlieë, muskiete, muggies, en warmassies).

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Vertaling van die artikel Order (biology)op die Engelse Wikipedia.