Pandeglang (regentskap)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Pandeglang
Kapupaten Pandeglang
Official seal of Pandeglang
Seël
Ligging van Pandeglang in Banten op Java
Ligging van Pandeglang in Banten op Java
Koördinate: 6°18′33″S 106°6′17″O / 6.30917°S 106.10472°O / -6.30917; 106.10472Koördinate: 6°18′33″S 106°6′17″O / 6.30917°S 106.10472°O / -6.30917; 106.10472
Land Vlag van Indonesië Indonesië
Hoofstad Pandeglang
Regering
 - Regent Irna Narulita
Oppervlak
 - Regentskap 2 746,90 km²  (1 060,6 vk m)
Bevolking (2010)
 - Regentskap 1 279 569
 - Digtheid auto/km² (1 018/vk m)
Tydsone WIB (UTC+07:00)
Webwerf: [1]

Pandeglang is 'n regentskap van die Indonesiese provinsie Banten. Dit is hoofsaaklik op die eiland Java geleë. Die regentskap het 'n oppervlakte van 2 746,9 km² en volgens die volkstelling van 2010 het dit 1 145 792 inwoners gehad. Die regentskap sluit ook ander eilande soos Panaitan, Deli en Tinjil in. Die hoofstad het dieselfde naam: Pandeglang.

Distrikte[wysig | wysig bron]

Die regentskap is verdeel in 35 kecamatan of distrikte. Hulle is verder verdeel in 335 dorpe:

  • Sumur
  • Cimanggu
  • Cibaliung
  • Cibitung
  • Cikeusik
  • Cigeulis
  • Panimbang
  • Sobang
  • Munjul

  • Angsana
  • Sindangresmi
  • Picung
  • Bojong
  • Saketi
  • Cisata
  • Pagelaran
  • Patia
  • Sukaresmi

  • Labuan
  • Carita
  • Jiput
  • Cikedal
  • Menes
  • Pulosari
  • Mandalawangi
  • Cimanuk
  • Cipeucang

  • Banjar
  • Kaduhejo
  • Mekarjaya
  • Pandeglang
  • Majasari
  • Cadasari
  • Karangtanjung
  • Koroncong

Toerisme[wysig | wysig bron]

Die regenskap spog met 'n nasionale park wat Ujong Kulon heet en die enigste plek in die wêreld is waar nog Javaanse renosters leef. Die kus trek ook toeriste soos die strande van Carita, Tanjung Lesung en Bodur.[1]

Spesiale Ekonomiese Gebied[wysig | wysig bron]

Volgens die verordening No. 26/2012 is in Tanjung Lesung 'n spesiale gebied vir ekonomiese ontwikkeling gestig. Dit is 170 km van Jakarta geleë. [2]

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

In hierdie gebied is die eerste koninkryk op Java waaroor uit Chinese en Indiese bronne inligting bestaan gevestig. Dit was die Salakanagara- of Rajatapura-ryk in Teluk Lada. Die ryk se stigter Dewawarman kom van Pallava in Indië, maar trou met 'n plaaslike prinses Aki Luhur Sang Mulya. Salakanagara het van ongeveer 150 tot 358 bestaan.[3]

Eksterne Skakels[wysig | wysig bron]

Toerisme-inligting oor Pandeglang op Wikivoyage

Verwysings[wysig | wysig bron]

Crystal txt.png Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Engelse Wikipedia. Sien bron.

  1. Dulangan (June 14, 2014). "Pantai Bodur di Tanjung Lesung".
  2. "Infrastructure Development Plan For Tanjung Lesung". Besoek op February 17, 2015.
  3. Java Essay: The History and Culture of a Southern Country Masatoshi Iguchi Troubador Publishing Ltd, 2017, ISBN 1784628859, ISBN 9781784628857