Paul Roos Gimnasium
Voorkoms
Paul Roos Gimnasium | |
Leuse | Semper Splendidior Altyd meer skitterend |
---|---|
Gestig | 1866 |
Tipe | Staatskool |
Hoof | J. van der Westhuizen |
Personeel | 62 |
Leerlinge | 1 215 |
Grade | 8-12 |
Adres | Suidwal, Stellenbosch, 7600 |
Stad | Stellenbosch |
Provinsie | Wes-Kaap |
Land | Suid-Afrika |
Kleure | |
Koshuis(e) | Prima Prima Nova |
Skoolkoerant | Concipio Semper |
Webblad | www.paulroos.co.za |
Paul Roos Gimnasium is 'n seunskool in Stellenbosch, Suid-Afrika wat in 1866 as Stellenbosch Gymnasium gestig is. Dit was later die Hoër Jongenskool, maar nadat Paul Roos in 1940 ná 30 jaar as die rektor afgetree het, is die skool na hom genoem. Dit is een van net vier skole wat Cecil John Rhodes in sy testament uitgesonder het as die ontvanger van een Rhodes-beurs per jaar.
Bekende alumni
[wysig | wysig bron]- Barry Hertzog, Eerste Minister van Suid-Afrika.
- Daniël François Malan, Eerste Minister van Suid-Afrika.
- Jan Christian Smuts, Eerste Minister van Suid-Afrika en Britse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- Uys Krige, Suid-Afrikaanse skrywer, digter, dramaturg, vertaler, rugbyspeler en oorlogskorrespondent.
- Tjol Lategan, Springbokrugbyspeler.
- T.O. Honiball, spotprentkunstenaar.
- Paul Roos, die eerste Springbokkaptein wat die eerste Suid-Afrikaanse rugbytoerspan na Brittanje in 1906 gelei het.
- Johann Rupert, hoof van Richemont.
- Edwin Hertzog, hoof van Medi-Clinic.
- Peter van der Merwe, Springbokkrieketspeler.
- Arnold van Wyk, komponis.
- Cobus Visagie, rekenmeester en voormalige Springbokrugbyspeler.
- Andries Bekker, Springbokrugbyspeler.
- Schalk Brits, Springbokrugbyspeler.
- Francois Hougaard, Springbokrugbyspeler.
- Harry Burger, Springbokrugbyspeler.
- Michael Jordaan, hoof van Eerste Nasionale Bank.
- Etienne van Heerden, Suid-Afrikaanse skrywer.
- Schalk Pienaar, koerantredakteur (Paul Roos was sy oom aan moederskant)
- Herschel Jantjies, Springbokrugbyspeler.