Peter MacOwan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Peter MacOwan
Peter MacOwan01.jpg
Peter MacOwan, voor 1909

Gebore (1830-11-14)14 November 1830
Hull, Engeland
Oorlede 30 November 1909 (op 79)
Uitenhage, Kaapkolonie
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vakgebied Plantkunde, chemie
Instelling(s) Gill-kollege
Suid-Afrikaanse Kollege
Alma mater Universiteit van Londen

Prof. Peter MacOwan (1830 – 1909) was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Hy is in 1830 in Hull, Engeland, gebore. Hy was eers 'n onderwyser en spesialiseer toe in botanie. Hy verhuis om gesondheidsredes in 1861 na Suid-Afrika en vestig homself in Grahamstad. Later doseer hy wetenskap aan die Gill-kollege en in 1881 word hy direkteur van die Kaapstadse Botaniese Tuine , asook kurator van die Herbarium van die Kaapse regering en professor in Botanie aan die Suid-Afrikaanse Kollege. Hy het internasionaal erkenning verwerf op die gebied van Ekonomiese Botanie. Hy is oorlede in 1909.

Bron[wysig | wysig bron]