Pierre Méchain
Pierre Méchain | |
---|---|
Gebore | Pierre François André Méchain 16 Augustus 1744 Laon, Frankryk |
Sterf | 20 September 1804 (op 60) Castellón de la Plana, Spanje |
Nasionaliteit | Frankryk |
Beroep | Sterrekundige, landmeter |
Bekend vir | Diepruimtevoorwerpe, komete |
Pierre François André Méchain (16 Augustus 1744 – 20 September 1804) was ’n Franse sterrekundige en landmeter wat saam met Charles Messier baie bygedra het tot die mens se kennis van diepruimtevoorwerpe en komete.
Hy is in Laon, Frankryk, gebore as die seun van ’n plafonontwerper en -pleisteraar, Pierre François Méchain. In omstreeks 1774 het hy Messier ontmoet. Hy het óf 26 óf 27 diepruimtevoorwerpe ontdek, na gelang van hoe ’n mens die sterrestelsel M102 beskou. Agttien van hulle is in die Messier-katalogus opgeneem:
- Messier 63, die Sonneblom-sterrestelsel
- Messier 72, ’n bolvormige sterreswerm
- Messier 74, ’n spiraalsterrestelsel
- Messier 75, bolswerm
- Messier 76, die Klein Handgewig-newel
- Messier 77, spiraalsterrestelsel
- Messier 78, ’n diffuse newel
- Messier 79, ’n bolswerm
- Messier 85, , ’n lensvormige sterrestelsel
- Messier 94, ’n spiraalsterrestelsel
- Messier 95, ’n staafspiraalsterrestelsel
- Messier 96, ’n spiraalsterrestelsel
- Messier 97, die Uil-newel
- Messier 98, ’n spiraalsterrestelsel
- Messier 99, ’n spiraalsterrestelsel
- Messier 100, ’n spiraalsterrestelsel
- Messier 101, die Windmeul-sterrestelsel
- Messier 103, ’n oop sterreswerm
Nog ’n Messier-voorwerp, Messier 102, is deur hom ontdek, maar hy het ná 1783 gesê dit was ’n fout omdat dit die Windmeul-sterrestelsel was wat hy verwar het. Daar is steeds onsekerheid oor wat die voorwerp presies was.
Nes Messier het Méchain eintlik in komete belanggestel. Hy was naas Messier die suksesvolste ontdekker van komete in sy tyd. Hy het altesaam nege ontdek – óf alleen óf saam met Messier.[1] Dié wat hy alleen ontdek het, is:
- C/1781 M1 (Mechain), 1781 I
- C/1781 T1 (Mechain), 1781 II
- C/1785 E1 (Mechain), 1785 II
- 2P/Encke, discovered in 1786
- C/1787 G1 (Mechain), 1787 I
- 8P/Tuttle, discovered in 1790
- C/1799 P1 (Mechain), 1799 II
- C/1799 Y1 (Mechain), 1799 III
Die asteroïed 21785 Méchain is na hom genoem.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Maik Meyer. Catalog of comet discoveries". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2008. Besoek op 16 Julie 2008.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Pierre Méchain-biografie, SEDS Geargiveer 19 November 2005 op Wayback Machine
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia