Piet Potgieter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Pieter Johannes (Piet) Potgieter was 'n Voortrekkerleier. Die dorp Potgietersrus was na hom vernoem.

In 1854 is veldkornet Hermanus Potgieter, broer van Hendrik Potgieter en oom van Kommandant-generaal Piet Potgieter aangeval en vermoor nadat 'n poging om met die Ndebele hoofman, Kgosi Mokopane, te onderhandel skeefgeloop het[1]. Piet Potgieter was hewig ontsteld en het met 150 man na Mokopane se kraal opgetrek om Mokopane aan te val. Sy kommando is aangevul deur Marthinus Wessels Pretorius en Engelse William Hartley en ene Dr Wey van Smithfield, Vrystaat. Mokopane en sy mense is verdryf en het in die Mokopaangrotte gaan skuiling soek. Die boere het hulle van water en kos afgesny en enigiemand wat probeer uitkom het summier geskiet. 'n Skoot uit die grotte het egter vir Potgieter getref waar hy langs Paul Kruger gestaan het, en hy is op slag dood.

Mokopane het blykbaar ontsnap deur homself onder 'n os vas te bind en sy krygers te kry om al die vee uit die grot te dryf.[verwysing benodig]

Verwysings[wysig]

  1. The illustrated at the fireside: true Southern African stories - Roger Webster[1]

Sien ook[wysig]