Mokopane

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mokopane
Potgietersrus
Ligging van Mokopane op 'n kaart (Limpopo)
Mokopane
Mokopane
 Mokopane se ligging in Limpopo
Koördinate: 24°11′S 29°01′O Koördinate: 24°11′S 29°01′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Limpopo
Distrik Waterberg
Munisipaliteit Mogalakwena
Stigting 1907
Regering
 - Tipe Plaaslike Munisipaliteit
 - Burgemeester Rdl. Tlhalefi Mashamaite (ANC)
Oppervlak[1]
 - Dorp 75,13 km²  (29 vk m)
Hoogte 1 130 m (3 707 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 30 151
 - Digtheid 401/km² (1 038,6/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 66.7%
 • Kleurling 0.7%
 • Indiër/Asiër 4.4%
 • Blank 27.6%
 • Ander 13.8%
Taal (2011)[1]
 • Noord-Sotho 46.5%
 • Afrikaans 27.8%
 • Engels 7.4%
 • Tsonga 4.4%
 • Ander 13.8%
Poskode (straat) 0600
Poskode (posbus) 0600
Skakelkode(s) 015
Webwerf: http://www.mogalakwena.gov.za/

Potgietersrus of Mokopane (voorheen Vredenburg, Pieter Potgietersrus en Potgietersrust [2]) is 'n dorp in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die dorp is oorspronklik deur die Voortrekkers gestig en genoem na die Voortrekkerleier Piet Potgieter. Die naam is in 2003 na Mokopane verander, na die kaptein wat Piet Potgieter vermoor het. Dit is die tuiste van Noord-Ndebelesprekende stamme, asook Engels-, Afrikaans-, Noord-Sotho- en Tsonga-sprekendes.

Daar is vyf koninkryke in die omgewing: Kekana (Moshate), Langa (Mapela), Gegana (Mshade), Lebelo (Garasvlei) en Langa (Bakenburg). Die stad se naam sou eers na Mngombane verander word omdat dit die oorspronklike koning se naam was (en nie Mokopane nie).

Toerisme[wysig]

Die stad is net twee uur se ry van Gauteng af en is dus die perfekte oornagplek vir reisigers op pad na Botswana, Zimbabwe en die Krugerwildtuin. Die gebied is tipies bosveld met baie akasiabome en aalwyne, wat in Junie en Julie op hulle mooiste is.

Die Makapansgat is sowat 25 km noordoos van Mokopane.

Ekonomie[wysig]

Mokopane is een van Suid-Afrika se rykste landbougebiede en produseer koring, tabak, katoen, vleis, mielies, grondbone en sitrusvrugte. Die Zebediela-sitruslandgoed, 55 km na die suidooste, is een van die grootste sitrusplase in die Suidelike Halfrond.

Die gebied is ook ryk aan minerale, met die ontginning van platinum, diamante en graniet as hoofbedrywighede.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Mokopane”. Sensus 2011.
  2. Dictionary of Southern African Place Names (Public Domain)”. Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.