Makapansgat
Fossiele Hominiedterreine in Suid-Afrika* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Ligging van die Makapansgat in Suid-Afrika | |
Koördinate: 24°08′27″S 29°12′03″O / 24.14083°S 29.20083°O | |
Lande | Suid-Afrika |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | iii, vi |
Verwysings | 915 |
Streek† | Afrika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1999 (23ste Sessie) |
Uitbreidings | 2005 |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die Makapansgat is kalksteengrotte sowat 25 km noordoos van Potgietersrus in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die grotte het 'n dubbele ingang wat aaneen loop en lei na reusagtige grotte. Die grotte het bekend geraak met die beleg van Makapan in 1854.
In November 1854 het hoofman Mokopane (Makapan) die grotte as wegkruipplek gebruik nadat hy 'n groep Boere onder kommandant Hermanus Portgieter vermoor het. 'n Strafekspedisie is teen hom geloods waartydens bykans die hele stam na 'n beleg van 25 dae uitgewis is. Kommandant-generaal Piet Potgieter is tydens die beleg deur 'n skoot uit die grotte gedood. Sy lyk is deur sy vriend, die latere pres. Paul Kruger uit die ingang van die grot gered.
Die grot het groot argeologiese en paleontologiese waarde. Die aapmens Australopithecus africanus is onder andere hier gevind.
Bron
[wysig | wysig bron]- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Makapansgat.